
Hoeveelkeer ry ons nie by ‘n windpomp verby sonder om te besef watter belangrike takie hierdie stukkies staal verrig nie. Deur die platteland, deur die dorre karoo sien ons die torings met die niksseggende wiel wat stilweg draai en water diep onder die grond uitsuig om water te verskaf aan mens en dier.
Min mense weet hoe lyk die kontrepsie van naderby of hoe die ding werk. Wel ek het ook nie, net geweet die ding pomp water deur ‘n pomp diep onder die grond wat die water tot op die oppervlakte druk en dan so ‘n dun straaltjie in die dam inlaat. Laat ek jou vertel baie meer interesant as dit.
Hier is ‘n foto van die kop van die windpomp waaraan die wiel vaskom.

Hierdie spesifieke model is reeds in 1912 vervaardig en tog werk dit vandag nog. Dit is eintlik ‘n baie eenvoudige beginsel, maar tog is dit nie sommer enigeen wat daaraan kan werk nie want die gereedskap wat gebruik word is beslis nie vir ons manne met die sawwe handjies nie, nee, dis swaer ysters waarmee hier gewerk worre.
Hier is ‘n foto van die tools van die trade.

Daarmee saam nog al die pullies en natuurlik die manne wat doer hoog bo moederaarde hierdie gereedskap vernuftig gebruik om die kop van die windpomp te herstel.


So een en ander oor windpompe:
‘n Nuwe windpomp kan maklik R20,000 plus kos, baie meer as wat ons leke besef. Nie so goedkoop as wat ons dink nie, maar beslis baie meer betroubaar as ons moderne toerusting, gegewe dat daar windpompe meer as ‘n honder jaar oud is en steeds elke dag sy stroompie water pomp. Al wat ‘n windpomp vra is liefde en natuurlik wind.
Windpompe het natuurlik ‘n boorgat nodig en sommige gate raak sommer lekker diep veral in die dorre karoo wat daar van honderde meters diep gepraat word en tog is daar ook plekke in die karoo waar die gate net sowat 25 meter diep reeds lekker water stoot.
Op hierdie foto is die hart van die windpomp, die pomp self, wat die water diep onder die grond uitsuig en meters boontoe uitspoeg in die dam.

Die kop en die pomp van die windpomp word alles bymekaar gehou deur pype wat gekoppel is. Kom daar fout, moet hierdie pype uitgetrek word, pyp vir pyp, ‘n takie wat geduld en tyd verg.
Die water word natuurlik uitgepomp deur ysterstawe wat aan die windpomp se ratte gekoppel is en wat soos die wind waai die water na bo druk deur middel van die pomp onder in die gat. Kom daar fout met die pomp moet alles uitgehaal word, die yster stawe en die pype. Elke pyp en ysterstaaf moet dan losgemaak en verwyder word en pyp vir pyp uit die gat gelig word, totdat uiteindelik die pomp die lig sien. So word die proses weer herhaal om die herstelde pomp weer tot onder in die gat te laat sak…pyp en staaf op ‘n slag.
Die windpomp
Hopelik sal hierdie kykie in die lewe van die windpomp jou bietjie langer laat stilstaan wanneer jy weer ‘n windpomp bekyk.
Filed under: Fotos,Mense,Plekke,Positiwiteit,Suid-Afrika | Tagged: karoo,wind,windpomp | 3 Comments »










