Bitterbekke

Die ou land van ons sal darem ‘n baie beter plekkie wees sonder die negatiewes, die bitterbekke, onder onse mense.

Gee die afferentes die kleinste van geleenthede en siedaar hoe vloei die negatiwiteit, die interesante hiervan is die aansteeklikheid. ‘n Geselsskap word sommer tjoef-tjaf verander in ‘n swaarmoedige en bedrukte atmosfeer en soos ‘n tsunami word alles wat positief is weggevee om plek te maak vir die donker dieptes, die politiek, die misdaad, die ekonomiese krisisse, eskom, regstellende aksie, julius en kie ens. ens. en natuurlik die marginalisering van ons arme wittes.

Byna byna word ek ook meegesleur en dit terwyl ek eintlik na die positiewe kant neig, behalwe wanneer ek die dagblaaie oopslaan en die melk in my koffie sommer daar en dan suur raak. Die media (koerante, sommige tydskrifte en televisie)  speel ‘n groot rol om hierdie sindroom van negatiwiteit uit te byt en die publiek se neuse voortdurend in hierdie negatiewe omgewing vasgevang te hou, waarskynlik omdat die media weet negatiewe publisiteit verkwansel makliker, soos per my illustrasie van hoe vinnig ‘n geselsskap verrot. Mense wil nie lees van Jan en Alleman se suksesse nie, of van die en daai se oorwinnings nie, nee, gee hulle die “juicy stuff” sodat hulle, hulle kan verlekker in ander se swakhede en verleenthede.

Ek dink dit is baie makliker om ‘n negatiewe mens te brein spoel as ‘n positiewe mens. Hierdie afleiding maak ek bloot deur te kyk na ons land en sy mense. Massas mense wat daagliks in baie negatiewe toestande leef en tog met elke verkiesing weereens die kruis trek langs die party wat die negatiewe toestande vererger, maar nou praat ek politiek. Dit was slegs ‘n voorbeeld. Ouers is hulle kinders se Tv’s en koerante, stilweg stel ouers ‘n voorbeeld aan hul kinders sonder om werklik te dink dat hulle optredes oorgedra word na hul kinders, bloot deur die voorbeeld wat hulle stel. Die vraag wat ek wil vra is die voorbeeld positief of negatief?

Laat ons fokus op dit wat positief is. Laat ons na die positiewe soek in elke situasie. Die voorbeeld wat ons stel moet positiwiteit uitdra en dit is ook aansteeklik.

Vermy die bitterbekke. Hier kan die media ook ‘n rol speel deur die bitterbekke nie spasie te gee om hulle gif te versprei nie, maar dan is dit ‘n te yslike tamaaie uitdaging aan die media, want wie gaan dan koerante lees?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: