Waar is ons helde

Onthou jy nog die dae van die fotoverhale en Comics van Ruiter in swart, Takoeza, Spiderman, Superman en selfs ou Trompie en die swartkat. Ons het elkeen ‘n held, ‘n hero, gehad en wou self ook ‘n spiderman of superman wees. Wat het verkeerd gegaan?
Vandag word ons kinders gebombardeer deur uiters swak vermaak, drogbeelde en buitensporige geweld, en nogmaals geweld. Op ‘n wyse wat dit feitlik onmoontlik maak om hul verbeelding te gebruik. Daar word ‘n verbeeldingswereld vir die kind geskep en ek weet nie of dit so ‘n goeie ding is nie. Moontlik maak ek meer daarvan as wat dit werklik is, dink maar terug hoe ons ouers te kere gegaan het oor ons leesstof van toentertyd, maar bring dit terug en ek sal dit weer verslind.
Onthou hoe ons, ons pa’s verafgod het… my pa is sterker as jou pa en so meer,. Gebeur dit vandag nog of het die visuele media hierdie verbeeldingsvlugte geskaak? Ons en ons kinders stilweg ontneem van die voorreg en reg van vrye teuels gee aan die verbeeldingvlugte, ons denke en om te idealiseer. Pa’s was en is vandag nog net weerbare skepsels, maar in die oe van ‘n kind tog ‘n hero, ‘n held. Doen die pa nog die dinge wat sy kind ‘n rede gee om hom te “aanbid” of het pa’s so vasgevang geraak in die strewe na sukses, wat nou skitter in die afwesig van sy rol as pa wees.
Ons het nuwe helde nodig. Die jeug smag na helde, ware heroes met superman kwaliteite. Selfs die gewone burgers, die grootmense en ou mense het weer helde nodig, Die Danie Therons, die De La Rey’s, Wolraad Woltemades oor wie ons kan idealiseer. Geen wonder die mense raak in vervoering met ‘n Bok van Blerk nie, of ‘n Steve Hofmeyer. Die versugting na ‘n figuur om na op te sien, te lei, rigting te gee.
Die huidige regering wat ons leiers is, stel teleur, beloftes word gemaak en gebreuk. Die jeug sien dit, die mense sien dit en raak gefrustreerd. Die media skep helde, maar veel eerder vir die sensasie waarde as die diep gegronde waardes waarna die mense soek, om maar net weer hierdie einste helde te vernietig vir finansiële gewin. Die Joosts van die wereld, die Steves van die wereld, en vele meer kan by die lys gevoeg word. In my opinie ook maar net pione deur die magtige media om lesers gebind te hou aan al die swak sensasionle gemors wat hulle weet, opgeeet word deur mense wat self nie die vermoe het om te onderskei tussen die werklikheid en fantasie nie. Dit is makliker en veiliger vir die pers/media om mense wat ook maar net mens is, te verkleineer en soms te vernietig, as om die landsleiers, die regering aan te vat. Hoera vir die individue wat wel opstaan en bereid is om te skryf wat waar is en te soek na die waarheid. Ons bevind ons in ‘n omgewing wat so verrot is van binne wat elke moontlike geleentheid gebruik om hulle verlekker in die leed van ander. ‘n Omgewing wat deur die media geskep is.
Helde en heroes hoef nie in die openbare oog te wees. Helde begin met die klein dingetjies, ‘n pa wat opnuut weer kyk wat is die rol van ‘n ware pa. Helde is ook gewone mense wat besluit om die regte ding te doen, selfs daar waar jy nie gesien of gehoor word nie.
Dit begin met respek, eerstens, respek vir jouself, word ‘n held vir jouself, voordat jy ‘n held vir ander word.
potential

Ons moet uit ons comfortzone uitklim en nuwe uidagings aangryp soos:

Liefde is so goedkoop om te gee, gee dit vir almal
Geduld, ai, as elkeen van ons besluit om net ‘n fraksie meer geduldig te wees, hoe groot verskil sal dit nie maak nie.
Verander jou persepsies.
Wees meer positief, dit is aansteeklik, maar belangriker, vermy negatiwiteit.
Gee, gee meer van jouself, gee tyd, gee meer as wat jy verwag om te ontvang.
Balans, nie te veel nie maar ook nie te min nie, onthou die woordtjie “te”.

en so voort…..

8 Responses

  1. Ek het, as kind, daai fotoboekies skelm gelees. My pa het dit duiwel-bybeltjies genoem. Vandag kan mens amper wens dat dit die enigste euwel in ons kinders se lewens kon wees.

    Baie van vandag se pa’s struggle so om net die pot aan die kook te hou dat hulle dalk ook hul kinders se behoeftes miskyk.

    • en hoe wens ek dat die kinders vandag eerder daardie duiwel-bybeltjies kon lees in plaas van die ure voor die rekenaarskerm of tv spandeer.

  2. Een van my broers het net nou-die-dag vir hom ‘n “Swart Luiperd” boekie op Gumtree gekoop. En hy is in sy Sestigs.

    Naas oorlog maak is die media seker die grootste bedryf innie wêreld. Dis waarskynlik wel meer verwoestend, omdat dit ons waardes tot ‘n groot mate bepaal.

    Vannie os oppie jas: sien vandag ‘n aanhaling van wat Churchill sou gesê het: ” If you’re going through hell, keep going.”

  3. Dit kom seker neer op die definisie van ‘n held

    Tog dink ek dat kinders nog steeds hulle pa idoliseer, in elk geval die kinders wat ek ken. Selfs al is hulle pa ‘n drol.

    Die gewone allerdaagse helde het nie kans gesien vir die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan nie. Hulle het gehuil om gewone mense te wees. Om swakker op te tree as gewone mense.

  4. Xena dis waar, kinders sal altyd in hul ouers idoliseer, maar is sommige ouers die titel “held” werklik werd. Ek seg altyd, jy kry nie slegte kinners nie, net slegte ouers, daar is wel uitsonderings soos met alles in die lewe.

  5. Die bleddie TV en playstation en PC games leer kids om net vrek te skiet en niks uit te sort nie.

    Alles deel van die groter prent om waardes te vernietig.

  6. skoor dis waar, maar ons nmoet begin om dit om te keer anders gaan ons die vrugte pluk.

  7. begin selfrespek nie met respek vir n ander se eiendom, n ander se gevoelens, n ander se menswees nie? ek het gesien hoe n man, n pa, uit sy bakkie, (moet n bakkie met karakter wees, sien) klim en sy dogtertjie die sak inkopies laat dra. nee, nie omdat sy wou nie. omdat hy dink dis hoe dit werk. dit is btw n man wat sy pa idealiseer. dan gaan le hy met sy baba bo op sy bors. sy vrou moet die asblik leep maak en die swaar sak uitdra. maar ja, leer maar jou kind respek verdien respek. dit kom nie outomaties met ouderdom nie. dan sal hulle weet van nee se.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: