Dinsdag blues

Maandag het gekom en gegaan, vir die meeste van die mense net nog ‘n dag, maar soms vergeet ons om te leef. Deel van die “rat race” besig nog besiger…. soms moet mens net vir ‘n oomblik rem trap. Geniet die byna onmerkbare wonders van die lewe, die omgewing, die klein dingetjies wat ons soms so vanselfsprekend aanvaar. Alles is nie altyd donker en swaar nie, nee in elke situasie is daar humor versteek, maar ons is te besig om dit raak te sien, soms te besig om dit te geniet.

Hier is ‘n foto van ‘n persoon, hopelik ‘n vrou, of dalk haar man uit radeloosheid met sy vrou, wat nie skroom om te wys wat die rede is nie.

247

Dan is daar die juweeltjies wat op ons pad kom, ‘n onbekende kuiergas wat ongenooid binnekom en om net weer te verdwyn.

Picture 003

Maar soos met alles word jy soms uit jou huisie verdryf deur indringers en dan moet jy maar gedwee ”n anderslaapplekkie vind. Twee mossies het hierdie swaeltjies uit hul huisie verdryf.

apr 2010 256

Wanneer laas het jy net stil geraak en die klein dingetjies waardeer, goetertjies wat ongemerk ons pad kruis en weer onopsigtelik wegraak in die gedruis van die lewe. ‘n Blom, ‘n plant, ‘n struktuur, ‘n insek, wie weet hoeveel keer mis ons daardie flietende oomblik om iets kosbaars raak te sien?

Sonsopkoms

kappertjies

Soms moet ons halt roep en stil raak en sien, nie net kyk nie…

One Response

  1. Dis baie waar hierdie.
    PS… Ek stem net ongelukkig nie oor die kappertjies saam nie, net mense wat hulle nog nooit geplant het, en dus nie van hulle moes probeer ontslae raak het nie…. kan kappertjies waardeer😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: