Onbekend maak onbemind

‘n Baie ou gesegde, maar tog so waar. Hoeveel keer vorm ons persepsies oor mense, wat ons nie ken nie om net later uit te vind, die persepsie was totaal verkeerd om dan met ‘n rooi gesig terug te dink aan die stupid aannames wat ons gemaak het.

Soos die indiaanse gesegde lui: Loop eers ‘n myl in die ander persoon se skoene voordat jy hom/haar oordeel, of so iets. Maar vandag met alles wat so in die hardloop gebeur is dit deel van hoe dinge gedoen word. Veroordeel en oordeel voordat ons werklik weet wat die agtergrond en, of die omstandighede van die individu is.

Dit laat my baie wonder of dit nie te wyte is aan die omstandighede waarin ons ons bevind nie. Moontlik omdat mense soveel maskers dra en probeer inpas by hulle omgewing of moontlik om hierdie maskers te gebruik om ander te manipuleer vir persoonlike verryking, of bloot omdat mense genot daaruit put om ongeskik en ongemanierd te wees. Ek het nie die antwoorde nie.

Dit wil my ook voorkom of mense baie meer geneig is om onbeskof op te tree in die virtuele omgewing, bloot omdat hulle gesigloos agter ‘n rekenaarskerm hulle frustrasies wil uithaal en dan so onaangenaam as moontlik op te tree. Ek dink baie kan afgelei word oor ‘n mens se manier van kommunikeer in hierdie omgewing deur te let op hoe hulle reageer tydens hulle interaksie met ander gebruikers, dalk is daar sielkundige aannames wat gemaak kan word deur die virtuele gedrag van mense.

Ek wonder soms of hierdie gesiglose individue dieselfde optree in die werklikheid of is dit net ‘n manier om van opgekropte emosies ontslae te raak. Ja, ek ken mense wat onbeskof is, maak nie saak waar hulle is nie. In restaurante kan baie van die gaste se optrede ‘n duidelike beeld skep van hulle waardes en maniere, soms staan ek stom hoe hoogaangeskrewe persone optree tenoor kelners en kelnerinne, ek voel soms lus om hulle ‘n oorveeg te gee deur hulle neerhalende en varklike gedrag, ongelukkig kan dit nie in hierdie ruimte gedoen word nie. Soms is dit selfs lagwekkend om te lees hoe simpel die gebruikers optree, ook lekker vermaak as daar op tone getrap word en dan die reaksies dop te hou.

Ek dink as elkeen aan die volgende stukke raad gehoor gee, daar soveel meer harmonie in onse ou wereld sal wees:

As jy niks goeds oor ‘n persoon kan seg nie bly liewers stil. Ek moet erken dat dit baie moeilik is maar as ons daarna strewe, veral mense wat werklik onskuldig is sal dit al baie beter gaan. Soos in alles is daar uitsonderings en is daar individue waaroor niks goeds geseg kan worre nie, maar laat ons try.

funny face

 

Lekker naweekkkkkkkk aan al die virtuele vrinne en die res.

30 Responses

  1. Aan die ander kant, kritiek op ‘n mening is nie dieselfde as ‘n persoonlike aanval nie. Dit is wat mense nie klein kry nie. Wanneer jy nie met iemand saamstem nie, word dit dadelik as ‘n persoonlike aanval gesien.

  2. Xena, nes jy seg.

  3. By my blog is mense wat beledigend optree gewoonlik diegene wat my probeer vertel “Jy is dom om te glo, geloof in God is onlogies.” En dan vra ek hulle om bewyse/ redes te gee vir hulle bewerings, dan verdwyn hulle soos mis voor die son.

    • Retha, dankie dat jy my blog lees en daarmee saam ook sommer al die ander wat my insette lees en kommentaar lewer, dis ‘n riem onder my hart.

      Om terug te kom na Retha se kommentaar: Mense wat so reageer het beslis ‘n gebrek aan ware kennis. Ons is verplig om te getuig van God se liefde, maar dit is die individue se keuse om Sy liefde te aanvaar. Moet jou nie veel aan diesulkes steur nie, ja, dit is hartseer, want dit is jammer om mense te sien verlore gaan. Ek is altyd verstom dat mense agter ‘n rekenaarskerm so vreemd optree, dit weerspieel maar net die persoon se karakter en dis eintlik lekker wanneer die mense wat sulke kommentaar lewer so optree want dit beteken jy het iewers ‘n gevoelige snaar getref en dalk sit jy hulle aan die dink. Die rede dat hulle verdwyn is bloot omdat hulle nie sinvolle antwoorde kan verskaf nie. Dis niks man, ek word van tyd tot tyd van diesulkes se blogs verwyder, soos nou onlangs, maar dan weet ek die saad is gesaai.

  4. Moenie spesiaal voel nie, ek het jou van my blog verwyder omdat jou kommentaar omdat jy nie met my in gesprek wou tree nie. En jy nie sinvolle antwoorde kon verskaf nie: In jou eie woorde: “jy wil nie in ‘n bekgeveg” met my betrokke geraak nie.

    Ek moenie om die punt skryf nie, noem my blog by die naam seun.

    • Tannie Rosa ek is dalk langer in die land as wat u dink.

      Ek weet ek is spesiaal net soos u. Ons is almal spesiaal, daarom behoort ons aan almal ‘n plekkie in die son te gun. Hoekom ‘n bekgeveg hou met ‘n blogger wat ‘n kommentator aanval met aantuigings, wat sy nie kan staaf nie, ongelukkig is dit verwyder en kan Jan Publiek nie sien wat Rosa my noem nie en wil ek nie in debat tree met ‘n “loose canon” wat alles persoonlik opneem nie.

      Om die punt skryf? Ek dink nie u blok is so merkwaardig dat ek dit moet noem nie en terloops jy was nie die eerste wat my kommentaar verwyder het nie, so u hoef ook nie spesiaal te voel nie, dit was ‘n algemene opmerking met verwysing na ‘n vorige kommentaor se bydrae.🙂

      Ten laaste ek het u kommentaar geplaas net soos ek elke ander kommebntator se kommentaar plaas, want ek is nie bang vir kritiek nie. Aangesien u al so lank reeds blog behoort u teen hierdie tyd te weet dat as ‘n persoon iets publiseer raak dit publieke domein en indien ‘n blogger kommentaar toelaat behoort die blogger te verwag dat daar menings en of opnmerkings gaan wees wat nie ooreenstem met u persoonlike menings nie,dit is wat hierdie platform so opwindend maak, nie so nie? Rosa onthou net net soos wat jy kommentaar kan delete kan ek ook (lol)

      My huisie hier se deur staan altyd oop vir jou Rosa en indien jy dit oor jou hart kry kan ons dalk tog lekker debatteeer sonder om lelik met mekaar te wees. Reg bly reg en verkeerd bly verkeerd.

  5. Ek het ook vir tyd lank geblog. Wat ek in die laaste tyd gevind het onder die Afrikaanse bloggers (boggers) is asof daar ‘n aggressie is oor alles wat mens sê en wat nie stroom met die persoon nie. Veral onder die jonger persone. Die persepsie is dat hulle moet waardes oorboord gooi, so asof hulle kwaad is vir hul ouers, kerk, vorige regering ens. oor die situasie waarin hulle hul bevind. Ek kan verkeerd wees, maar dit is maar wat ek optel so met die lees. Nou eers maar so breuk gevat en sal seker weer begin blog op ‘n dag.
    Anderkant moet jou nie steur aan ander nie.

  6. Rustig, dankie vir jou bydrae, ek is al ‘n geruime tyd betrokke by blogging, nou onlangs eers dit in my moedertaal begin doen en is gewoond aan alle tipes bloggers, gelukkig is die mees aggresiewes ver in die minderheid. Verder stem ek met jou saam, maar ek sal dit nie soseer toeskryf aan blaam vir die en daai nie, eerder dit waaraan hulle blootgestel word. Baie ouers besef nie eens waarmee hulle arme bloedjies besig is nie, deels oor hul skitterende afwesigheid en deels oor onkunde oor dit wat beskikbaar is vir almal, maar ook vir die jongeres. Die jonges word aan soveel snert blootgestel op vele gebiede dat dit wat hulle sien word hulle manier van doen, die helde is eintlik rampokkers en leuenaars en nou tree hulle maar net so op. Ek seg nie die jeug is sleg nie en ek stem ook nie saam met oues van dae oor hoe bad die jeug is, soos wat ook in ons kinderdae geseg is oor ons en hule se ouers, dis maar oorewing om te dink gister was die beste. Nee dit is ‘n baie meer dieper probleem.

  7. Ek is ook dalk langer in die land as wat jy dink, maar jy was die een wat my eerste “chill, girl” genoem het.

    Jy is welkom om vir my uit te wys, ek wag steeds watter aantygings ek nie kan staaf nie. Groete

  8. […] So loop ek baie ou Blogs raak en vind Blogs wat ek dalk van te vore gemis het. Een wat my opval is Bloed Bek. Niks nuuts word gesê nie en ook nie in Breyten Afrikaans nie, maar dis ‘n vars briesie en […]

  9. Waaroor het die kommentaar gegaan wat Rosa delete het? Waarop het jy haar geantwoord? (Net nuuskierig)
    Ek het ook al beleef dat sy aanval sonder om aantygings te staaf.

    • Retha so paar kommentare verder sal jy die terugvoer lees, dis my bril, of eerder omdat ek die ding nie opgehad het nie dat ek die name so deurmekaar het.

  10. Allo 🙂

    Ek stem saam ou Rustig… Die bloggesfeer is net nie meer dieselfde nie ** SUG **

    • Girl is dit die vroulike nuuskierigheid wat nou hier ontbloot word, Toemaar ek bedoel dit in ligte luim en ek het bogenoemde met ‘n groot glimlag op my gevreetjie geskryf. Jong, jy moet maar self vir antie Rosa vra, ek wag self nog vir ‘n antwoord van haar op ‘n uitnodiging wat ek aan haar gerig het om in gesprek te tree.

  11. Girl en Rustig is in die kol, maar ek wil bynoem dat wat die afrikaanse blogging omgewing betref kan ek nie veel seg nie, nog te nuut hier, maar in die kort tyd hier het ek beslis baie aggrssie en negatiewiteit opgemerk. dat dit beslis rustiger is as ander blog omgewings is gewis, een van die redes waarom ek nou in afrikaans blog.

    Ek wonder soms of dit nie ‘n kwessie is van opgehoopte frustrasies wat die agressiewe neiging aanblaas nie? En word hierdie medium gebruik om van die frustrasies ontslae te raak. baie makliker om gesigloos en sonder weerstand so op te tree.

  12. Girl is verseker een v d nuuskierigste wesens op planeet aarde… 😉

    Sewe afrikaanse blogs wat ek gevolg het closed shop!!! 😯 en ek self blog nie meer gereeld nie.

    Dink in elkgeval niemand blog meer nie, want almal speel plaas….plaas op facebook!

    • Ek kan nie meer so sonder my bril raaklees nie. Girl uitgevang, nou weet ek van twee nuuskierige agies. My reply was eintlik bedoel vir Retha, maar nou weet Retha ook sy is nie alleen nie. hehehehe

  13. Ai tog girl, dis maar hoe dinge loop, mense blog tot hulle bereik het wat hulle wil of totdat die lekker nie meer lekker is nie of hulle beriek nie wat hulle gedink het hulle sou nie en so verdwyn hulle dan. Ek reken dis ‘n natuurlike tendens. Die plaas op facebook: dalk fantaseer die mense oor die plaaslewe, as ek dit nie mis het nie is dit ook ‘n droom van girl, of nie? Dis veiliger om plaas plaas te speel, gn risikos nie. Ek boer ook! Elke nag, en my boerdery word net al hoe groter, as ek in die oggend wakker word weet ek my plaas is veilig en kan ek vanaand weer rustig gaan boer en my skape is vet, die wol is mooi en daar is nie droogtes of enige nare goete nie.🙂

  14. Ek het ons twee se gesprek by Rosalind as oorwegend positief en beskaafd ervaar, so dit is jammer dat dit prematuur kortgeknip is. Maar dit daar gelaat.

    Ek is steeds van mening dat die Afrikaanse gemeenskappie op woordpes so klein geraak het dat die oorblywendes uitgekuier geraak het met mekaar, en toe soos ‘n pak wolwe op mekaar gedraai het. Dit is slegs ‘n opinie, en een wat my op die koop toe waarskynlik weer in die warmwater gaan laat beland. Tog moet ek bysê dat die atmosfeer vir my heeltemal anders is waar ek nou die taal misbruik en ek dink dit is bloot omdat die poel groter is.

    Terloops, het het nou lekker by myself gesit en giggel oor die ironie dat ek skynbaar die enigste een is wat nie ‘n bakkiesboek plaas of eiland het nie, ten spyte van my blognaam.

  15. Plaasjuppie sulke goete gebeur maar, dit is wat die lewe so opwindend maak. Dit is nogal opmerklik hoe min werklik aktief betrokke is by soos jy seg, woordpes, maar dis dieselfde by ander platforms ook, dalk het die aktiewes meer tyd op hande of hulle het niks konstruktiefs wat hulle besig hou nie ,hehehe. Nou in watter poel swem jy dan? Jy moet darem by kom en vir jou ook ‘n blaaitjie kry in die bakkiesboek. Ek het maar daar beland as gevolg van die kinners en die lekkerte is ek het so ook insae in hulle gewoel, ek maak soms my stem dik as ek merk hulle mors te veel tyd daaraan deur ‘n boodskap te laat dat big brother is watching them. Ek het ook nie ‘n plaas of eiland nie, ek dink dit is rerig ‘n vermorsing van tyd, daar is beslis beter dinge om te doen as ‘n viruele plaas te bestuur. ek verwyl eerder my tyd met gesiglose karakters wat soms interesante dinge kwyt raak en om dan ook soms die snykant van die mes te ontvang. Ag te prettig.

  16. Ek plas deesdae maar in die vlakkant daar by litnet rond nadat ek so 3 jaar hier gespeel het.
    My vroutjielief het ‘n plaas, kaffee en eiland op bakkiesboek en ek reken sy hou die familienaam hoog genoeg daar, wat my tyd laat om met die gesiglose karakters nonsies te verkoop en messteke uit te ruil😆

  17. Maar Plaasjuppie, maak jou se stempie dik of is dit duk en help vroulief reg sy mors kosbare tyd. My nederige opinie oor die plaas dinge is dat dit maar net nog ‘n manier is deur die dikvellige media om ons arme siele so besig te hou met sulke onsin dat ons nie tyd het om die belangrike dinge te doen nie. Kyk Plaasjuppie indien die media daarin slaag ( wat hulle goed regkry), om ons gedagtes van die belangrike dinge af weg te hou hoe makliker kan hulle onse mense manupileer jong, maar dan dis maar hoe ek daaroor voel. Beter nog hoekom nie vir vroulief challenge vir ‘n potjie monopoly nie, ten minste koop sy papiergrond en nie wind nie. hehe. My liefie stel natuurlik glad nie belang in die virtuele omgewing nie. Die kinners het vir liefie ‘n bakkiesblaatjie gemaak, maar nou moet ek haar van tyd tot tyd help om haar pelle te kontak en dan mors dit weer my tyd man. Lately wil liefie net kaart speel, maar ek knip dit ook maar vinnig kort want ek kannie speel sonder ‘n ace up my sleeve nie en sy verdra nie as ek verneuk nie. Ek like 30 seconds kwaai man en as ek blokkiesraaisels doen wil liefie altyd help, maar dis okay want sy is slimmer as ekke.

  18. Nee wat. Daardie halfuur se mindless entertainmnet op bakkiesboek as Liefie van die werk af kom is presies wat sy nodig het om oor te skakel van werk “mode” na huis “mode”

  19. Good day I was fortunate to come cross your Topics in bing
    your Topics is fine
    I get a lot in your blog really thanks very much
    btw the theme of you site is really excellent
    where can find it

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: