Woensdag al weer

vrydag

 

Bloedbek voel soos die ou voeltjie, effe afgemat en tam, moet wees as gevolg van die ekstra lang naweek en met al die kinners by die huis. Julle sal nie weet hoe dit voel as die klomp by die huis is nie, met aanhangsels en al. Ja pa bloedbek moet hom mos skaflik en betaam gedra voor al die Gerte wat kuier, ek mag nie eens my wol slippers dra nie, moet skeer en mag nie op my bank poep, wel my bank is ook opgevul met ‘n wese wat uigestrek op my bank sy pt broek en tshirt vasgom met oorfone in die oor en keps laag oor die oe getrek, ook maar goed anders sal die kreatuur my gesigsuitdrukking as ‘n oorlogsverklaring aanvaar. Die remote is weg, al my rechargeable batterye is of weg of pap want dis mos makliker om pa sin te gebruik. Die dubble plugs is alles vol cellfoon chargers en ipod goete en en en en dit lyk soos ‘n Soweto krapaal van al die drade en gadgets. Liefie moet ook net op haar mooiste lyk want die vroukinners wil hulle mos nie vir ma, voor die Gerte, skaam nie. Ek het alle beheer verloor oor my domein, net waar jy kyk is daar wesens en kreature wat beweeg asof tyd stilstaan. Vra ek vir koffie moet ek eers my gat opruk, want die Gerte kry voorrang. Met ‘n huis vol wesens, musiek wat bler op die teevee, die ipods en die mp3’s alles gelyk, dan word daar nog musiek oor en weer gebluetooth en dit alles terwyl manskind met sy floozi mixit want sy kon nie saamkom nie, haar akademie is skynbaar bietjie agter, nou mixit hulle maar, wat hulle in elk geval doen al is hulle bymekaar en nou wonder bloedbek wat is die verskil of sy doer sit en mixit of hier sou gewees het, hoe doen die Sannie dan die akademie ding. As daar een ding is wat kan eet is dit ‘n manskind student by die huis, ek dink hulle spaar al hul vermoens vir wanneer hulle tuis is. My bakkie beweeg soos ‘n overnight express op en af tussen Spar, Checkers en die huis om die proviant aan te vul. Een ding is seker ak gaan die recycle sakke vul soos nog nooit, dis net blikkies en bottels en KFC en Steers en en. Ek spook net met die gesorteer want wat weet hulle dan ook nou van pa bloedbek se nuwe groen baaidjie wat hy dra. Nou kom die groot braai, ai dankie tog vir bloedbek se vermoe om te delegeer en gou-gou het bloedbek so ‘n paar van die tshirt gulde opgekommandeer om die braaiwerk te doen, dan weet ek so stilweg ek het tog nog effe ‘n gesaggie en kan ek net terugsit en orders gee. Maar dis net manskind wat vir pa bloedbek sy dop kan skink vir die ander vertrou ek nou glad nie. So word gebraai en geet en gebraai en geet. totdat die skottelgoedwasser kreun en steun om vinnig weer darem skoon eetgerei gereed te kry vir die volgende aanval.

Skielik net soos ‘n lekker donnerbui se kom en gaan is alles stil. Net liefie en bloedbek se bekommernis met die kinners wat weer die lang pad terugvat varsity toe, die ewige gekommer oor die geryery. Soos Liefie altyd seg, ” ‘n Ma bly maar net f….n ma!” Liefie en Bloedbek duik sommer dadelik weer kniee grond toe om te bid vir genade, om dan weer met groot dankbaarheid die een sms na die ander te ontvang ons is veilig tuis, natuurlik moet ek weer agter manskind aan bel en vra of hy al by sy nes is, om floozie aan die ander kant te hoor holla oom bloedbekkie, ja jy’t reg gelees, holla, nie hallo nie(doen sy dit om my te irriteer?). Oom bloedbek dis Floozi hier oom hoe gaanit oom bloedbek en oom bloedbek manskind is hier by my, ‘n sug van verligting hy is ook by sy nes, wel daar naby.

Nou is dit weer die groot opruiming want sien Kombuismuis het die mevrou ge-sms, ja sy het een van die familie se ou fone gekry, just in case mevrou haar moet bel of as sy mev moet bel. “Mev ekke kommie innie because why ekke is siek…..” Bloedbek en Liefie sal dit maar moet doen, ons en die skottelgoedwasser, want dit is mos meer eko vriendelik.

Dit raak stil, rustig kalm, my bank wink vir my: “ou bloedbek ek wag vir daai baloon boude” en die remote sug van verligting: “peace in the home”, at last. Maar dis al Woensdag. Maandag en Dinsdag moet nog opgevang raak en more is reeds Donderdag. MAAR dis stil, selfs die honne kom die stilte agter en le uitgestrek op die stoep met oe wat fluister: “oubaas bloedbek, dit was lekker, die bene en velle en sloffies en chips en en, wanneer kom die studente weer?”, wat ek sommer wil afhaak en hond se kint wil skop, maar uit my oog sien ek Liefie my aangluur. “Bloedbek moenie eers daaroor dink nie!”, want sien Liefie lees my soos ‘n boek en ek is nou eers by die indeks van haar boek, na al die jare wonder ek of sy nie dalk in die vroee jare een aand laat iets by my laat inplant het wat maak lat sy my hoor dink nie.

Ek betrek my wolslippers, so in die gang af gee ou bloedbek ‘n lekker lang poep, en dink so by homself. Dis nou weer ek en Liefie, alleen vir ‘n wyle: “Liefie!!!, wat maak jy my doll, waar is ons koffie? Bring jou lyf saam hier na my bank toe liefie.”

coach sport mama

Seg Bloedbek!

 

 

 

2 Responses

  1. Ag ou Bloedbek, wie dink jy bôl jy? Nie vir dié ou Antie nie— lees sommer so tussen jou lyne hoe lekker dit was om die huis vol ander wesens te hê! En die lekkerste is natuurlik die inhaal van jou en Liefie se alleentyd.
    En siende dat dit al klein Saterdag is, moet jy vinnig vry om in te haal, voordat dit weer naweek is, nê?

    • Antie, ou bloedbek jaag lankal nie meer nie hehehe. Maar ja die inskrywing was maar effe oordryf, maar mensig darem ook weer lekker om net so bietjie stilte te geniet. Doef doef en hiphop en rap en so meer raak ook maar te veel vir hierdie ou bul, dan neig ou bloedbek terug na stilte en ……..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: