Alwera Woensdag

Jip dis waar, dis Woensdag middag, gedeeltelik bewolk. ‘n Heerlike herfsmiddag. Alles is rustig en weer terug na normaal na ‘n rowwe week en voor dit ‘n besige tyd saam met die Amerikaners wat kom kuier het vir ‘n trofee of twee. Nou moet bloedbek net weer sy agterstallige joppies op datum bring en so aan en so aan. So vir ‘n aperitiefie ‘n fotokie van my en een van die manne wat ‘n eenhoring springbokkie gaan haal het, wie wil dan nou ‘n afhoring trofee huis toe vat, die bokkie se doel sal biltong wees en ‘n boudjie virrie pot. Maar eers die fotokie, so terloops die lorrie se naam is Muskiet en word eintlik net vir vuilwerk gebruik, maar hierdie jagter wou voel hoe ry ‘n lorrie wat nie brieke het nie, wat net hier en daar ratte vat en deure wat nie lekker toemaak nie, dis die kinners se speelding, maar bloedbek laaik die lorry kwaai.

apr 2010 341

Die pot reseppie volg later as bloedbek eers weer self die gedagtes laat gaan het oor hoe dit eetbaar voorberei moet worre.

Maar net om te wys dat daar nie mooier sonsondergange is as innie karoo nie die volgenne fotokie om die midweek heimwee te maksemaliseer

apr 2010 259

So terloops Liefie is ook bly ou Bloedbek se plekkie langs haar is weer gevul…..en sy stuur ook haar groete

4 Responses

  1. WOW!!!

    Daardie laaste foto is puik. Regtig asemrowend.

    Welkom terug.

  2. Pragtig inderdaad. Die ander fotos ook. Geel Grietjie?

    • Ek dank u Olga, ek weet nie of dit ‘n geel grietjie is nie, miskien moet ons ‘n botanikus kry om dit te identifiseer. Groei daar geel grietjies by die kus?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: