Hoe lang?

HOE LANG?

Daar ruis soms stemme in die nag,

wat fluister, eers gesmoor en bang,

maar luider straks, skoon altyd sag:

“Hoe lang?”

Hoe lank moet ons nog swerfv en stry,

en stil-swaar worstel met die dwang,

en hoon en smaad en skimptaal ly;

“Hoe lang?”

As volk, hoe lang sal ons nog kyf

eer ons deurgrond die dure drang

tot vry-wees wat ons almal dryf,

“Hoe lang?”

Van waar die lafaards wat daar meen

en ongestraf, met hom gebaar,

durf se dat alles ydel was voorheen?

“Van waar?”

Van waar die arme siele kom

wat in g’n eie toekoms staar,

maar ons wil oplos in ‘n vreemde drom;

“Van waar?”

Hoe lang sal ons nog spook en doen

en dwarstrek algar blind en bang,

en koers soek op die heldere noen:

“Hoe lang?”

En luid en luider styg die klag,

tot wanhoopstem en wanhoopsdwang

herhaal met onweerstaanb’re krag:

“Hoe lang?”

Ek is nie ‘n digter nie, van die digkuns ken ek min. Dit is geskryf deur ‘n Suid-Afrikaner, ‘n eertydse koerant redakteur.

Die woorde weergalm asof dit net gister geskryf is. Dit wys net dinge het maar min verander en die afrikaner volk stry vandag nog….’n stryd.

Die presiese datum van die gedig die weet ek nie, maar dis beslis voor 1943 geskryf deur GS Preller.

Ja, ons kan steeds vra: “Hoe lang?”

Tagtig jaar dalk, vir sommige baie minder, vir enkeles effens meer,maar vir elkeen breek die antwoord eindelik aan. My vraag is: “Hoe lank gaan ons net sit en en moan en groan en huil en kla en vra?”

Van hierdie oomblik af, hoe lang voor ons gaan opstaan en ‘n bydrae lewer om ‘n positiewe verskil te maak en voor ek gekruisig word, ja, daar is individue wat ‘n positiewe bydrae en ‘n verskil maak, maar vir die meerderheid is dit makliker om net kommentators te wees, toeskouers te wees, deel van die trop moangatte wat niks waarde toevoeg nie en bloot elke oomblik en geleentheid gebruik om te kritiseer, te moan en te groan oor hoe onregverdig alles is, hoe onbillik hulle behandel word, hoe verdruk hulle is, hoe bedruk hulle is.

Dis tyd dat ons opstaan moue oprol en besef dat enige postiewe inset moet begin by die ekke, anders my vriend en vriendin gaan ons oor sestig jaar steeds dieselfde gedig kan lees asof dit vandag geskryf is.

Ek sluit af met ‘n uitreksel uit “TROU”, deur Jan FE Cilliers:

“O, ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:

ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan;

‘n oog wat nie wyk,

wat ‘n barshou kyk;

en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!”

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: