EK IS HONGER ZUMA

Die wereldbeker oorheers alles, die mense word gebombardier met advertensies en feite en flitse en fiksie. Dis goed so, iets moet gedoen word om die nasie opgewonde te kry al is dit vir ‘n span met min kanse, maar tog in my hart hoop ek vir ‘n wonderwerk, ons het so ‘n positiewe verrassing nodig, nou meer as ooit…

apr 2010 389

 

Maar ek kan nie anders as om te wonder oor wat gedoen moet word om almal so positief te kry, om deel te voel van die histerie, terwyl daar soveel nood en hartseer oral is. Ek praat nie van die afgestompte apartheid hartseer nie, dit word in elk geval genoeg gebruik om die blanke aan sy skuldgevoel te laat stik, iets wat ons nooit sal laat vergeet nie, want dis maklike propaganda vir ‘n nuttelose regering om stemme te werf.

Hoeveel geld word spandeer om hierdie wereldbeker histerie aan te blaas en hoeveel word net bloot vir persoonlike gebruik verdoesel en vermors, terwyl die regering se kiesers kripeer van ellende, net om weer voor die volgende verkiesing kospakkies uit te deel, waarskynlik geintimideer deur, ek gee jou meel en olie as jy vir my stem, want as jy vir my stem sal jy nog meer van niks kry.

‘n Honger mens wil nie onderhandel nie, kan nie onderhandel nie. ‘n Mens wat koud kry wil nie baklei nie, hulle wil ‘n bord kos he en ‘n kombers vir die koue. MAAR ‘n honger mens gaan op ‘n stadium besef dat daar is ‘n ander uitweg, jy kan ‘n mens net vir so lank om die bos lei en dan tree die dierlike instink in, veg vir oorlewing. Daar is te veel sulke mense in ons land, terwyl daar ‘n baie klein groepie wat oor ‘n termyn van 16 jaar biljoeners en miljoeners geword het. Lekker skewe prent as jy hoor wat die ware rede vir die struggle was, nie net vir ‘n klein groepie elitistiese swartes nie, nee vir almal, mens en dier.

apr 2010 314

 

Hoe verduidelik jy aan hulle om opgewonde te wees? AS hulle volgende bord kos uit rommel bymekaar gemaak word.

Gaan ons regering kan volhou om te lieg vir sy mense oor hoe goed dit terwyl hulle broers afhanklik is van ‘n ashoop vir kos?

apr 2010 316

 

Zuma en kie, hou op lieg, meeste van julle weet nie wat honger is nie, met jou blink swart motorkar gekoop met geld wat bedoel is vir hierdie mense. Diet wat jy saai gaan jy maai!

MAAR die munt het twee kante, sleg bly sleg, in afrikaans is daar ‘n lekker beskrywing: Useless, bly useless!

apr 2010 351

“Dissie olie nie Lanie, Ek het my disability grant gekry….”

Wyn vir die pyn! Net genog vir vandag, more ek hoop Lanie sal my kan hak met ‘n paar sente vir brood?

16 Responses

    • Xena, wat help dit jy is eerste maar jy kom met lee hande? Maak nou jou wen die moeite werd en laat loop met bietjie insigte uit jou keybord mens. Bloedbek wag in spanning om jou insette te sien.

  1. Ek het eintlik nou net gewonder of ek nie iets moet skryf oor die asblikgrouers nie. Nou spring jy my voor.

    Daar is so baie in die land wat nie werklik besef wat armoede is nie. Armoede is nie die afwesigheid van luukses nie. Armoede is niks.

    As jy net droë brood het, kan jy nog eet. Daar is egter mense wat vir dae lank NIKS gehad het om te eet nie.

    Ek glo natuurlik dat die ANC die mense aspris honger hou.

  2. Dan kry mens hierdie mense wat so kan mors met kos … gee eerder daardie borde kos vir die wat honger is!!

    • Very true meermin. Ek stik soms in my kos as ek sien hoe kos gemors word, die skande is die varke wat gevoed word uit die oorskiet van die restaurante eet meer en beter as vele mense. Dit is ‘n skande en ‘n groot hartseer

    • Meermin, ek het so ‘n ruk terug “HONGER MENSE” aant huis gehad. Niemand het gewerk sedert die pa se dood nie. Hulle wou nie ‘n bord kookkos hê nie, o, nee! Die honger mense wou hamburgers hê. Hulle, die hongeriges, het ‘n bord kos geskep. self geskep en deurmekaar gekrap. dan was dit reg langs Bessie se bak in die asblik uitgekrap. Ek is nie die wêreld se beste kok nie, maar vrek weet, ook nie die slegste nie.

      • Dit gebeur ook Olga en dis nie kos wat hulle soek nie, maar geld vir drank en dwelms. Dit maak mens moedeloos as dinge so verwronge is.

  3. Al waaroor ek bekommer is wat gaan gebeur as euforia van die wêreld beker verby is en die nasie stokdoof is van vuvuzelas. Wie gaan dan die brokstukke op tel. Die wat honger is gaan nog steeds honger wees en die blink vet politici sit nog steeds en wonder wat hulle volgende kan doen om die gepeupel se aandag van die probleme af te hou. Klink so asof dit dieselfde is wat die Romeine gedoen het met die “shows” in die Coloseum.

    • Ek dink daar is reeds vele ontnugterde entrepreneurs. FIFA gebruik hierdien wonderlike land van ons as maar net nog ‘n melkkoei, maar natuurlik met die hulp van ons reeds besoedelde politici, wonder hoeveel voordeel die spul trek uit die wb, waarskynlik net soveel as die wapenskandaal. En Rustig ek dink jy is reg met die Romeine se taktiek en wat hier gebeur.

  4. ai, wat sê mens sonder om kniediep in die bollie te trap? As hulle in 15 jaar nog nie kos op die mense se borde kon sit nie, wat het hulle vermag? Die ekonomie is moer toe. Tog hoor jy net van miljoene wat hierop geblaas word. Wat daar verdwyn het. Vanaand op die nuus weer was gesê dat R125 miljoen gebruik gaan word om die teaters en skouburge in die land op te gradeer. Die mense sal dalk in ‘n teater of skouburg skuiling teen die elemenste kan kry. Ek wonder of die spandeerders van die miljoene besef die sokker is volgede week. Die opgraderings is te laat. die wit regering het die teaters en skouburge in tiptop kondisie gehou. Of liewer, hulle het gesorg dat die mense wie daaruit voordeel getrek het, dit in goeie stand gehou het. Ai ek het alweer te veel gesê.

  5. Olga, die mense praat van miljoene as of dit kleingeld is, dit is baie duidelik dat hulle geen sin vir die waarde van geld het nie. Die vraag is: Hoeveel van die miljoene gaan aangewend word vir dit waarvoor hulle ons mee wil beindruk. Leuens en nogmaal leuens. Ek wonder hoe lank gaan die gepeupel nog uithou. Ek vrees die dag as hulle opstaan en se genoeg is genoeg.

  6. Dis die ding, daar word vir almal gelieg, en leë beloftes gemaak, en DIT is wat my dwars in dei krop steek. Terwyl daar mense is wat van honger kripeer word die staatskaste gestroop en die politici net al hoe dikker.
    Dis wat daai swart ou in Soweto gesê het die annerdag met die rugby….
    If the politicians would just leave it to the normal man on the street, we would have peace.

    • demoerin die probleem is as die mense op straat gaan optree, gaan dit nie so aangenaam wees nie, vir niemand nie, kyk net wat doen die stakers. Ja wat wel waar is, is die mense op voetsool vlak moet besef ons toekoms is nie in die hande van die vat cat politici nie, maar in ons eie hande. Die media doen ook nie juis veel om hierdie werklikhede oor te dra nie, hulle verkoop sensasie. Hoeveel mense is daar wat wel ‘n persoonlike bydrae lewer om ‘n positiewe verskil te maak, maar dis nie nuuswaardig nie en daarom kry dit nie blootstelling nie. Dit wat ons wel sien word weer deur die politici misbruik vir die werf van stemme. ‘n Bose kringloop.

  7. Google Blogdesk en download dit!! Ja Olga ek hoor wat jy sê, weet jy wat maak my hart baie seer, jong wit kinders hier in die stad, wat in die asblikke krap net vir ‘n stuk pie!! By my huis word daar NIE gemors met kos NIE, wat oorbly word in bakkies geskep en my seun vat dit in die aande saam hom Wendy toe, wat hy nie eet nie, word vir die diere gegee, wat ever die diere nie eet nie, word dan in ‘n groot bak gekrap en die voèls kom eet dit dan, nie ‘n krummel kos word gemors nie!! Self brood wat bietjie afgaan, word fyn gebreek en saam my diere se kos gekook met ‘n sousie!!

    My seun het laasjaar vir ‘n Evens Co gewerk, hoe die mense wat die kos bestel met al daardie bakke en bakke kos mors, van die mense skep hulle borde vol, maar krap dit dan net deurmekaar. Hel man gee dan daardie bakke kos vir die mense wat honger het!!

    • Ek wag vir die dag wat die blankes weer bymekaar gaan staan en mekaar help, wag, het dit al ooit gebeur? Maar in ‘n Utopia sien ek hoe die blankes armes inneem in hul huise, verblyf verskaf in hul 5 slaap kamer mansions aan die armes. ‘n Mens hoef nie skaam te wees om met ‘n arme skouers te skuur nie, wie weet wat het in daardie man of vrou se lewe verkeerd gegaan. Ek dink ons is soms te vinnig om te veroordeel en verder hoe gaan dit my image raak as ek met die armes meng, nie eens te praat om vir so ‘n mens ‘n dak oor die kop te gee nie.
      Ek wag vir die dag dat die blankes weer sal opstaan vir mekaar, omgee vir mekaar. Ja ek weet, daar is uitsonderings, maar ek dink hulle is nie minderheid. Ek droom oor ‘n Utopia.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: