Vrydag se dinge

plat getrap olie

 

Maklik om op ‘n Vrydag so te voel, plat getrap, gemerk deur die week se probleme en aanslae van die lewe. Maar dis okay rustyd is op hande, rusbank sport, vriende en familie, net om weer die batterye te herlaai vir ‘n nuwe week met nuwe uitdagings.

Gaan die nuwe week weereens dieselfde wees as al die voriges, of gaan jy hierdie week ‘n verskil maak in jou wereld. Onthou dis nie nodig om Superman goete te doen om ‘n postiewe verskil te maak nie, dis daai klein soms onopgemerkte dingekies wat mens doen…

‘n Glimlag vir die pompjoggie en ‘n warm dankie vir die kelner of kelnerin.

‘n Vriendelike groet selfs aan die onbekende hier langs jou.

‘n Koppie koffie vir daardie kollega wat so gereeld sonder vra of kla jou taak ligter maak.

Gaan, maak ‘n verskil vir iemand wat dit nie verdien nie.

Vermorsel negatiewe gedagtes, smoor dit in die kiem. Tree positief, vermy negatiwiteit, ja ek weet, daar is genoeg om oor negatief te word, te wees en soms nie so maklik om positief te wees nie, maar probeer dit al is dit net af en toe.

Vir die naweek wees stil en luister en hoor die voels die dinge wat ons so as van selfsprekend aanvaar. Doen iets anders as om voor die TV tyd te verspul. Vertel vir jou kind ‘n storie, vertel vir jou vrou ‘n storie, of jou man, hulle mag dink jy is gek, maar dis wat veranderings veroorsaak, reaksie en soms is dit net wat nodig was om die ys te breek.

Nuut 024

 

“Kry weer perspektief oor wat belangrik is en wat nie.

Die lewe is te kort om vas te hou aan gister.

Gaan maak ‘n verskil!!!”

bloedbek superman

Seg Bloedbek

5 Responses

  1. Bloedbek,
    nou dat ek die stukkie hierbo lees, kom die liedjie van Theuns Jordan se woorde so in my kop op, Jy weet die een wat hulle so oor RSG. so stukkie van speel; … “As niemand van jou hoor nie, ♪ ♫ en as niemand van jou weet nie ♪ ♫ en dan seg die omroeper so ewe …. dan is jy lippe teen die klippe!! ” :lol; dit is nogal vir my so oulik gestel want dit is mos werklik so!! 😉

  2. Bloedbek, Ek praat hopeloos te veel! my arme man luister maar net, maar ek dink hy maak gebruik van daardie outomatiese aan en af knoppie wat julle mans mos oor beskik, dan maak hy net so af en toe die regte geluide dat dit moet klink of hy nog luister! 😆 maar die opvangs is toet-en-taal afgeskakel!

    En dan voer ek al wat voël is in die omgewing en gesels met die Hadidas!! Gelukkig praat ek nog nie met die bome nie hahaha! Jy weet mos van daai.. “I talk to the trees that’s why thy locked me away” nee ek is maar versigtig vir dit!

    Ek smile ook gereeld vir almal, ( laat hulle wonder watse onheilighede ek mee besig was of is ) 😆 Ag en eintlik hou ek myself sommer net happy,deur vir almal te glimlag en hallo te sê,. Werk hard daaraan om ‘n “Up” person in a “down” world te wees!!!

    Ek doen nie eintlik die depressie ding nie, het nog nooit regtig die tyd gehad om depresief te raak en in ‘n hoekie te gaan sit en myself te bejammer nie, daarvoor is ek te besig, sal eendag dalk as ek tyd kry bietjie dit uit toets, (net ‘n grappie hoor) wil nie regtig daar beland nie want ek kry mense bitter jammer wat in die donker gat van depressie verval. dit is ernstig nie lekker nie!!

    Daarshy nou is ek so positief oor die naweek ek sien kans vir Mal- Emma en al sy trawante! Ek ‘n dapper muis kyk hoe stap ek deur die huis! 😉 Lekker naweek vir almal.

  3. Bloedbek nog net een dingetjie, belowe. !!!

    Nou dat ek die “sexy” ou op die ” Lorry oil” advertendie sien. en daardie stukkie van ” Because youre worth shit! ” Op Tv. is die goette mos almal oorgeklank, dis nou die “Because youre worth it!” dan klink dit nou asof hulle sê “Want jy’s ‘n perd!” veral met die lippe wat so in ander rigtings trek terwyl hulle nou die Afrikaans nuttig! Jy moet net bietjie luister en kyk dit klink regtig so. En as jy dit eenkeer so gehoor het, .. belowe dan hoor jy dit altyd so! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: