Duskantland se lorry drywers

duskantland se lorry drywers

My vriend Joe Mulder se hande werk.

Hierdie mag klink soos ‘n advertensie, wel dalk is dit, maar as jy iemand ken wat uitsonderlike dinge doen en ervaar, hoekom dit nie deel met almal nie.

Ek is nie ‘n skrywer nie, ek weet nie hoe lank dit neem om boeke te skryf nie. Sewe jaar om ‘n boek geplaas te kry, daarmee vol te hou en deur te voer is in my boek ‘n baie groot prestasie. Ek sou al lankal moed opgegee het as dit ek was.

Om een van die eerste kopiee te kry, nog ‘n groter voorreg.

As ‘n skrywer soos Maretha Maartens jou aanmoedig om so ‘n boek te publiseer kan jy weet dis die moeite werd om te lees.

Dis nie net ‘n boek oor wedervarings nie, dis ‘n boek wat ‘n lewende geloof beskryf en die wonderlike manier hoe God werk om mense te vorm te lei en te dra.

Laastens oor die skrywer so ietsie…

Ek ken nie baie lorry drywers nie, net my eie persepsies gevorm deur dit wat ek op ons paaie ervaar, weereens net persepsies. Ek ken nie baie skrywers nie, om nie eens te praat van ‘n lorry drywer wat kan skryf nie. Dis die laaste ding waaaraan ek sou dink wanneer ek die pad deel met lorry drywers oor die algemeen, maar Joe is ‘n uitsondering in vele opsigte. Maar dis beter om sy boek te lees want die boek is wie Joe is.

Kom ry saam met my op die “Interstates” van die lewe. Dit sal u laat besef dat dit nie sommer enige hierjy is wat trokke bestuur nie. Dit is meestal manne met gesinne, manne wat lank weg is van die huis, wat ook ‘n verlange na ‘n vrou en gesin het! Dan kom die grootste ontdekking wanneer jy uitvind dat jy nie alleen ry nie. Daar’s altyd die onsigbare medepassasier by jou, naamlik God. Die “Magic” begin gebeur wanneer jy toelaat dat Hy jou lewe begin bestuur en beheer en verander! Hierdie boek is ‘n “eye opener” vir gelowiges en veral ongelowiges en die wat nog enigsinds getwyfel het in die Almagtigheid van God!
Daar is ook ‘n bonus gedeelte ingesluit genaamd “Briewe aan Neef Maarten.” Party stories is komies en op die man af, en ander roer weer die hart en die siel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: