Roetine en verandering

Oom Leo het eenkeer opgemerk”: “They say you can’t teach an old dog new tricks? That is an insult even to an old dog.”

Maar tog is verandering nie deel van ons gemaksones nie. Kyk nou maar na hoe gebonde ons raak aan ons roetines. Staan op op dieselfde tyd, doen dieselfde dinge in dieselfde volgorde, feitelik outomaties soos robotte.

1. Word wakker.

2. Maak koffie

3. Drink koffie.

4. Gaan stort skeer en polish en paint. Die skeermes op sy plek, net war dit gister, eergister en die dag voor dit was.

5. Maak kos eet, sit op dieselfde plek aan tafel, volg dieselfde roetine.

6. Ry werk toe, dieselfde tyd, dieselfde roete, dieselfde radio stasie….

Soms volg ons hierdie roetine so intinktief dat ons ons soms kry waar ons skielik wonder: Het ek my tanne geborsel? Het ek geskeer? Vryf net so oor die wang om seker te maak. My das, watter das het ek aan, kan nie eens onthou watter das ek aanhet nie, alles pas en sug van verligting…

Meer nog, ek het eintlik eers hier by die kantoor wakker geskrik en skielik wonder ek wat het gebeur tussen wakker word en nou. Kan nie eens onthou wat langs die pad gebeur het nie, maar ek is hier, veilig, ‘n sug van verligting….

Of op die lang pad dwaal die gedagtes weg om net kilometers verder te besef ek was op ‘n ander planeet en tog beweeg die voertuig so rustig voort soos voor die gedagtes begin dwaal het…’n sug van verligting.

Ons kan dan nie help om vir onsself te lag oor hoe stupid ons kon wees om te dink daar sal iets anders gebeur het nie, want ons het ‘n roetine en ‘n gewoonte. Dieselfde ou tricks

Alles hierbo van hoe ons ons roetines vorm en dit later dan instinktief doen is wie ons is.

O gonna, laat die dag net op die verkeerde noot begin, die wekker het 15 minute te vroeg afgegaan, of die hond wil vroer as gewoonlik sy draaie loop. Die rooi ligte van verandering vlikker, nou moet ‘n ander, ‘n nuwe proses gevolg word, nie die gewone een nie. Of die tanne borsel is deur liefie per abuis weggevat, maar nie vervang nie….Confused, hoe kan dit wees, dit is altyd hier, maar nie nou nie?

Of die krag is onverwags af en koffie maak is onmoontlik…. Die pad wat ek elke dag ry is skielik gesluit en ‘n nuwe roete moet gevolg word…Skielik sien jy alles langs die pad, die geboue, die mense, selfs die reuke is anders…..Jy weet waarvan ek praat, of hoe? Maar die teendeel is ook waar die uitsonderings op die reel, maar die is nie vir hulle nie.

Wat is jou punt Bloedbek?

Die mens en verandering is soos noord teen suid, glad nie bedmaats nie. Ons word van balans gegooi met verandering, persoonlik, maar ook in ons omgewing waar ons handel en wandel. Jy het waarskynlik al gehoor van iemand wat skop teen verandering:”Maar ons doen dit nog al die tyd so! Hoekom nou skielik dit anders doen.” Ja haal ‘n persoon uit sy “comfort zone” uit en jy sien ‘n nuwe mens, meeste die minder goeie kant. Tog is daar mense wat verandering “embrace”, maar hulle is yl gesaai.

Hoe voel jy oor jou comfort zone?

Is jy ‘n slaaf van jou roetines?

Is jy die enigste wat bevoordeel word deur jou gewoontes of roetines, of het dit ‘n positiewe uitwerking op ander mense rondom jou?

Watter rol speel die media om op ‘n baie subtiele manier die mense so te beinvloed dat hulle/ek/jy, nie ‘n postiewe roetine kan of wil volg nie?

Sal jy waag om iets te verander, net om jouself uit jou zone te haal?

Bloedbek wonner of al die veranderings in ons land, op politieke front, die veranderende samelewing, die ekonomie, die kerk…. ons dalk so ontsenu, dat baie nie kan of wil aanpas by die veranderings nie.

Moet ons nie dalk ons gewoontes en roetines in oenskou neem en kyk of is jy op die regte pad? Hoekom nie?

Dit is nie te seg, dat as dit so is dit moet so wees nie!

Seg Bloedbek

7 Responses

  1. Bloedbek

    Ek vir een staan nie elke oggend dieselfde tyd op nie. Tensy so laat as moontlik as ‘n tyd gesien word. Ek gaan bv ook nie elke dag kantoor toe nie. My week lyk nooit dieselfde as die week voor dit nie.

    Dus is ek glad nie geheg aan roetine nie. Toegegee, dit veroorsaak soms chaos. Ek het al my tandeborsel in die yskas gebêre.

    Ek hou nie daarvan dat iemand my voorsê nie en dit is basies wat roetine doen.

  2. Ek vir een is ‘n kreatuur van gewoonte en roetine. Roetine is orde. Roetine is dissipline en sekerheid.

    Verandering is nodig ja, maar is dit nie tog maar weer roetine wat vandag se verandering blywend maak nie?

    • Ek het opsigself nie ‘n probleem met roetines nie. Ek reken dit veroorsaak dat mense so vasgevang word in roetine dat hulle soos robotte begin optree in plaas van om te leef.
      Hoe klink verandering in die sin dat jy dieselfde dinge doen maar op ‘n ander manier?

  3. Ek dink dar sal maar altyd ‘n mate van roetine wees , bv. met die basiese dinge, die tandeborsel ens. Maar gelukkig is dit ook maar waar dit stop, want soos die dag verloop spring daar maar allerhande dinge in wat nie regtig beplan was nie en breek enige vasgestelde roetine sommer gou. My dae is nooit eners nie dit kom en gaan gewoonlik te vinnig verby omdat ek so besig is, en daar altyd soveel onvoorspelbare dinge opduik. Ek het nooit vasgestelde etens tye nie, ek beplan selde iets lank vooruit . Ek is iemand wat op die ingewing besluit nou gaan ek soontoe of ek wil nou dit of dat gaan doen. Naweke het ek beslis geen roetine nie ek maak soos ek wil wanneer ek wil en hoe laat ek wil. Dis eintlik lekker.

  4. Smurfie, nou krap jy my teorie heeltemal deurmekaar want uit drie responses is daar 2 wat nie roetines het nie. Beteken dit uit hierdie sample ek is verkeerd? OF is die res so besig met hulle gewone roetines dat kommentaar hier eers moet anpas by die roetine?

    Nou is ek confused! Ek moet my teorie weer gaan navors.

  5. Net nog een ding oor roetines. Probeer die dag se ritme verander deur tanne met die verkeerde hand te borsel en kyk wat is die gevolge, of begin met die laaste roetine taak eerste en kyk wat is die gevolg.
    Wonder of ek dan ‘n freak is want as ek my roetine verander is ek heeltemal confused.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: