101 Gebruike vir ‘n Vuvuzele

Na die sokker affere gaan daar so baie van die goed rondle ons moet begin dink aan nuttige maniere om die goed konstruktief te gebruik. Nou ja hier begin my voorstelle…

1. Slaggate

Gebruik die vuvuzela om slaggate aan te dui, pak dit rondom die gat om aankomende verkeer te waarsku

Plaas ‘n persoon binne die gat en laat hom dit hard blaas wanneer ‘n kar naderkom.

Wanneer daar ‘n taxi aankom, kruip eerder net dieper die gat in, want die taxi gaan die vuvuzela waarskuwings ignoreer en deur die gat ry.

2. Die bulle met die korter hoerings kan dit gebruik om meer akkuraat te wees by die krip

3. Gebruik dit as ‘n gehoor apparaat, ons gaan dit nodig he na die swb

4. Gebruik dit as ‘n tregter om petrol te tap

5. Dit kan as ‘n aflluister apparaat gebruik word

6. Maak jou skoonma wakker, hehe, dit gaan lekker wees

7. Blaas die vuvuzela op sy hardste wanneer jy langs ‘n doef doef kar stop, dalk help dit.

8. Hou altyd ‘n vuvuzela in die kar vir ingeval jy sonder petrol gaan staan en gebruik dit om vol petrol te maak.

9 Die deisgnated driver moet ook een byderhand he, vir sy dronk pelle wat ‘n kat wil skiet, dit behoort ver genoeg by die kar uit te steek dat daar nie op die kar gemors kan word nie.

10. Mense met klein kinnerkies hoef ook nie elke nou en dan te stop vir ‘n kind wat wil piepie nie, gebruik die vuvuzela as ‘n trog. Maar vir nr 2 stel ek voor stop liewerste.

11. Gebruik dit om jou plante nat te hou wanneer jy met vakansie gaan.

12 Vul dit met sement en gebruik as kierie, omdat ons nie wapenlisensies kry nie.

13. Slaan skoonma met hierdie vuvuzela (die een met sement gevul) en geniet haar reaksie.

14. Gebruik dieselfde vuvuzela om jou eks se kar te verfraai.

15. Gebruik dieselfde vuvuzela of een van die ander wat ook vol sement gemaak is as ‘n deurstopper.

16. Blaas die vuvuzela in jou buurman se oor om hom te wys hoe sy blaffende blaffies jou laat voel en gebruikn die sement vuvuzela as hy nie volgens jou mening vinnig genoeg reageer nie.

17. Maak die vuvuzela vol lood en anker jou vrou daaraan vas in die kombuis.

18. Blaas die vuvuzela so teen 3 uur die oggend in jou straat ek kyk hoeveel ligte gaan aan in die straat, die wat nie aangaan nie is nie daar nie en kan jy daar gaan tv kyk.

19. Vat die lood vuvuzela saam as jy die bankbestuurder gaan sien en laat hom daaraan voel voordat jy vir jou geld vra.

20. Laat val die lood vuvuzele per ongeluk op die carguard se voet en kyk hoe hy gaan reageer.

21. Sny een van die vuvuzelas in stukke en druk dit in die buurman se hond se agteruitgang in en dit haal die druk van die hond se stembande af, al wat jy sal hoor is ‘n hoef hoef en nie ‘n woef woef nie…

nou ja daar is nog baie gebruike, laat hoor van jou kreatiewe idees, sodat ons die land kan skoonmaak na die sokker affere…..

22. Plant die vuvuzela langs jou stoel en prop jou bier in sy bek.

23. gebruik dit vir ‘n kersblaker wanner eksdom se keel toegedruk word. Maar pas net op plestiek smelt en brand. So moenie dit gebruik as jy nie toesig hou oor die vuvie nie.

24. Sny die vuvie in ringe en maak vir jou liefie ‘n halssnoer. Ek weet Liefie sal so iets nie wil he nie, maar dalk is daar wel iemand wat so ‘n fensie halssnoer begeer.

25. Sny dit in armbande vir ma en dogters, die res moer (skuus)  gooi jy weg, sorry, recycle.

Ons is nou kwartpad.

Ek lees iewers die blogger wil dit plant om dit te vermeerder, my donderdag, ek kom nie nog nie by 30 gebruike uit nie, wat gaan ons met nog meer aangeplante vuvies maak

18 Responses

  1. Verbeeldingryk … Ek hoop jou skoonma het darem ‘n paar planne met jou ook!

  2. Vir my is daar net een gebruik: ‘n funnel vir bier of punch of so.

  3. Jissie jy het die hele spektrum gedek!

    Ek wil egter nog ene byvoeg…vul die vuvu so 1/3 met lood. Natuurlik die groot bek gedeelte. As jy dan net so neffens die donir kom met die spoedkamera, loods jy daai lood vuvu en piets hom netjies tussen die oe soos Dawid met Goliat gemaak het. Want die bliksem is anyway te useless vir enigiets anders!

  4. Hi Bloedbek, jy het mos nou ‘n goeie herwinnigs plan hier beet !!! 😆

  5. Die vuvuzelas is ‘n goeie voorbeeld van ‘n “usefull useless item” en nou lyk dit my het jy darem so paar usefull idees met die useless item!! 😉

  6. 😆 Sodra ek aan nog goeie usefull goeters dink vir die Vuvuzelas sal ek jou dadelik laat weet!! 😉

  7. Wat van die hospitale, klenieke gebruik dit om enemas toe te dien. ( Ek weet baie van ons wil nou al dit so toepas op die wat so aanhoudend blaas en raas😆 )

  8. gebruik die vuvu wanneer jy met eksdom, sapd, sars, telkom oor die foon moet praat. Dis dalk n tolk wat werk. Hulle praat nie jou taal nie.

  9. Plaasvervanger vir die voëlverskrikkers in die landerye, Laat iemand net daar rond wandel en na hartelus loop en blaas………., Seker daar sal nie ‘n tekort aan aansoeke wees vir die pos nie, veral die onder die sokker “fans” , dink net dan kan die “fan” lank na sokker homself nog gate uit geniet , en raas soveel hy wil 😉 en nog ‘n betaling ontvang daarvoor!!! ) Belowe geen vliegende lopende of kruipende insekte of diere sal dit waag in die landerye nie.!!!

  10. Ag maak sommer ‘n Monument daarvan, ek hoor dit is die “Symbol of Africa” sommer so langs die Africa Museum. 😆

    As die son sak in die weste …. dan kom die koeie huistoe😆 gebruik dit om die koeie mee te roep, en in die kraal te kry! Dit wil my voorkom die vuvuzelas kan nuttig op ‘n plaas gebruik word!

  11. As S.A. slim is kan hulle die “Guinenes Book of Records” haal vir die grootste en hardste geraas OOIT in ‘n land en veral by ‘n sokker byeenkoms. ….. moontlik ook erkenning kry vir die swakste musiek instrument in die Geskienenis!!

  12. Oor Spesialiste kan dit buite hul spreekkamers hang, as kenteken,… Na die sokker sal almal dan duidelik weet waarheen hulle moet gaan met hul oor probleme!

  13. Kan ook net korter gesny word en ‘n handvatsel aansit, en siedaar! kleurvolle luidsprekers soos in die ou dae! by sportbyeenkomste, as ook op Treinstasies se peronne!! … dink net, dan hoor jy die aankondeging, “die Gautrein gaan nou vertrek ” so kan krag dan ook gespaar word i.p.v. interkoms!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: