Spaar papier

save paper

As ons nie ‘n bydrae gaan lewer om ons bome te spaar deur minder papier te gebruik nie gaan ons probleme kry. Vra die honde hoe voel dit om tou te staan….

Honne dinge

Die foto is met dank ontvang van Joe Mulder wat wys wat gaan gebeur met min bome.

12 Responses

  1. Xena, dis ‘n serious kwessie jong, of sal jy tevrede wees om in so ‘n tou te staan. Lig daai been en doen jou deel๐Ÿ™‚

  2. Dit is serious, ja. Moet dalk maar my state per e – pos kry.

  3. Ek sou graag wou weet hoe en waar daardie foto geneem is!

  4. Die foto van die honde is te oulik, ek sal wil weet hoe kry hulle reg om die honde so mooi stil te laat sit in ‘n ry??

    • Ek het geen idee waar dit geneem is nie, ‘n vriend het dit gestuur en ek moes dit eenvoudig deel. Ja ek het ook gewonder hoe hulle die honde so kon oplyn, beslis nie sa woefies nie.

  5. Graad 5 Afrikaans Eksamen

    1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
    Om die bees binne te hou

    2. Wat is outobiografie?
    Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

    3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
    Kaas, botter en 3 koeie

    4. Wat is die verlede tyd van eet?
    Honger

    5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
    Kleinseun

    6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
    Kleinteef

    7. Wat is die doel van die kies-en oogtande?
    Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
    Goed doen.

    8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer Haas…
    Hoe groter haaspastei

    9. Wat is die meervoud van kabeljou?
    Kabeljulle

    10. ‘n Sin met “ter aarde bestel…”
    “Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”

    11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:
    “paai straal kordaat”

    12. Wat is teenoorstaande hoeke?
    Hoeke wat vir mekaar kyk

    13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
    Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

    14 . Wat is ‘n terminale siekte?
    As jy op die lughawe siek word!

    15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?” (My favourite)
    HuH?

    16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
    Onderwyser

  6. ๐Ÿ˜† Bloedbek, Jy sien die ding staan so,.. daar waar daardie tante op die prentjie hierbo staan en droogblaas net so links van haar is die goete op die muur gegraffiti, ๐Ÿ˜†๐Ÿ˜† Jy sien nou so terwyl jy staan en droogblaas en papier spaar het jy dan sommer ietsie om te lees tot die ou joppie nou afgehandel is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: