200,000,000 Posts… and Counting

Is die 200,000,000 poste op WordPress werklik iets fenominaal of enigsins iets om oor opgewonde te raak?

Ons moet die prestasie in perspektief sien om te bepaal of dit nuuswaardig is:

6,500,000,000 mense op aarde – is die syfer 200,000,000 of anders gestel 0.03% van die wereld bevolking dan steeds wesenlik groot of eintlik niksseggend?

Ek het ook ‘n mylpaal behaal – 1000 besoekers tot op hede, in my boeke is dit baie. Hoekom – hoe lank sou dit my neem om al my poste aan die 1000 individue persoonlik oor te dra – kom ons speel met ‘n uur per persoon dit word dan 41,667 dae, 24 uur per dag – nou raak dit groot, vir my natuurlik, maar vir die volgende persoon dalk onbelangrik klein. Die groot bloggers trek 100,000+ per maand. Nou is my mylpaal skielik eintlik iets om oor te lag, niksseggend om die minste te seg.

Om dit deur te trek na die sokker wereldbeker hier in ons land, waar daar van etlike biljoene rande se uitgawes en inkomstes gepraat word, maar weereens word dit maar baie nietig in vergeleke met die groter prentjie. Maar vir ons is dit baie groot. Hoeveel mense kon gevoed word met dit wat gespandeer word, baie, maar hoeveel word bevoordeel baie min, enkele individue en dan natuurlik die grootste voordeeltrekker die FIFA mafia kry die grootste hap.

Ons word daagliks toegegooi met onbelangrike statistieke en syfers en tog fasineer groot getalle die meeste mense, maar in perspektief gesien beteken dit vir die meeste niks. Vir die meeste is die belangrikste hoeveel uur moet ek werk om ‘n brood te kan koop, of hoe lank moet ek karre oppas om my volgende sakkie gom te kan bekostig. Opgeblaaste getalle tel nie, ‘n honger maag dink nie aan miljoene nie, maar aan die hoeveelheid snye brood nodig is om ‘n honger maag te vul. Iets wat politisie nie verstaan nie. Die media ook nie en baie mense ook nie. Omdat ons waardes so skeef getrek word deur die media, dat die lekker uit lekker so verwronge voorgestel word dat lekker nie meer lekker is nie. My brood word nie meer in snye beoordeel nie, maar in 1000é kilojoules, my beker koffie word ook nou skielik baie groter want dis nie twee telepels suiker nie, maar wel duisende kilojoules, so kan ons voortgaan en die lekker stuk steak uitmekaar trek in terme van energie, kilojoules vette ens ens. My roomys is skielik massief groot. Ons word deur die media ook met syfers geboelie, skielik word waarde bepaal in my broekgrootte en vrouens se rok size se nommerkie word al hoe kleiner. Siek seg ek jou. Siek. In perspektief gesien word syfers en getalle gebruik om die mens te breinspoel om binne ‘n sekere raamwerk te dink en op te tree.

Ek sluit af met die alom bekende slagspreuk om my punt te bewys.”Speed kills!”. Nou vra ek die vraag hoe vinnig is vinnig of hoe stadig is stadig? Die wet seg 120km/u op die oop pad en 60km/u in die dorp, dis wet. Nie hoe vinnig of hoe stadig jy moet ry om steeds in volle beheer te wees nie, nee ‘n syfer. Maar laat ek jou vertel vir baie is 60km/u reeds te vinnig. So vir my gaan dit nie oor spoed nie maar iets groter. Dis net makilker om aan Jan publiek in terme van ‘n syfer te praat, dis meer konkreet. In my boeke is dit relatiewe beginsels.

Ek gaan nou eers 100mg koffie en 5000druppels water met sowat 2000kilojoules suiker in ‘n 120gram houer plaas en dan dit oor 600 sekondes afsluk deur sowat 150 slukke te neem om dit na sowat 10800 sekondes weer uit te voer na die buitewereld…. Seg bloedbek.

2 Responses

  1. Wat maak dit tog alles saak! So lank mens dit geniet, wie gee om hoeveel mense lees. Ek ploeter heerlim voort met my blog. Jy lees of hou verby!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: