Ses rolmodelle en die ultimate…

Ek gaan hier individue uitlig wat baie goeie lesse vir ons leer. Rolmodelle wat ons wys hoe om op te tree of hoe om nie op te tree nie, alles volgens Bloedbek se siening.

1. Nelson Mandela. Baie mense sal moontlik met sy politiek verskil, maar dit is nie die onderwerp van bespreking nie. Die mens Nelson Mandela is ‘n sprekende voorbeeld van vergewensgesindheid. Ek persoonlik sou waarskynlik baie meer aggresief opgetree het. Met die mag waaroor hy beskik het tydens sy presidentskap kon hy wraak neem, maar hy was groter as sy posisie en het ‘n droom nagestreef nie net vir hom nie, maar vir die volk in geheel. ‘n Les of twee wat ons by hom kan leer: Vergewensgesindheid, maar meer as dit nog om nie op te hou droom nie. Wrokgedagtes verwoes ideale en drome.

2. Bob Dylan. Hy het jare gelede ‘n liedjie geskryf met die titel “The times they are a changing.” Dit is eintlik vandag meer waar as destyds. Ons is ín ‘n snelveranderende samelewing en ons moet besef ons moet ook verander om aan te pas

3. Natalie Du Toit. Hoeveel ander wat deurgemaak het wat sy deurgemaak het sou weer opstaan en ‘n verskil maak. Sy wys dat struikelblokke nie voldoende rede is om ‘n droom te verwesenlik nie.

4.Julius Malema. ‘n Selfsugtige idealis, wat net weereens bewys jou besluite het gevolge en ‘n grootmond sonder kennis is gevaarlik. Hou eerder jou bek omdat jou onkunde jou gaan terugbyt.

5.Deon Maas. Met genoeg selfvertroue en ‘n dik vel kan jy enigiets kwytraak al is dit die grootste snert. Hy laat my dink aan die seun wat deur almal op laerskool geboelie en gespot was. Met ‘n loopneus, hare poenskop gesny en vuil agter die ore. Op hoërskool nerens ingepas nie, so eenkant en alleen, maar hy het wraak gekoester teen alles en almal en nou voer hy dit uit. Selfs die Deon Mase van die wereld het vriende, maar die verlede hou sy brandende begeerte van wraak wakker.Die les wat ons hieruit kan leer is dat ons met mense se gevoelens werk en dat die tong ‘n gevaarlike wapen is in die mond van ‘n wraaksugtige.

6. Moeder Theresa. Daar kan net met lof en respek van haar gepraat word. Selfsug, egoisties, selfbejammering, arrogansie, selfbeheptheid… woorde wat nie op haar van toepassing was nie. As ons maar net so ‘n fraksie van haar menseliefde vir ons mede mens kan gee, hoeveel beter sal dit nie wees vir almal nie.

7. Oubaas se honne. Vra net liefde en kos, gee altyd ‘n nat tong om die seer te lek, waai sy stert al het jy hom vroeer geskel, geklop,geskop. Is altyd bly om die oubaas of ounooi te sien, gereed om liefde te gee met die waaiende stert en kwylende bek. Altyd reg om te beskerm, al is dit deur net ‘n helse geraas te maak. Nou seg ek nie ons moet soos honde wees nie, ga, nee man, Die les wat ons by honde kan leer is om meer te gee en minder te verwag.

Die ultimate rolmodel….

Jesus Christus.

Dit maak nie nie saak of jy ‘n christen is of nie ,as mense net Jesus se voorbeeld volg, nee eerder, as ons almal Jesus se voorbeeld volg sal die aarde ‘n perfekte plek wees, waar daar ruimte vir almal sal wees om in vrede saam te leef.

genius

10 Responses

  1. As almal die een ou sinnetjie kan nakom. “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” Dan sal die wêreld weklik ‘n wonderlike plek wees. Want jy gaan nie aan ander iets doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, so maklik en eenvoudig, maar tog is dit vir die meerderheid baie moeilik om te doen. Dink net mense sal nie steel, lieg, moor, haat, ens. want hulle sal dit nie aan hulself gedoen wil hê nie.

  2. Bloedbek so einntlik is ek ‘n “Genius” ek “agree” gereeld met “my way of thinking!!” 😉 ….. OK. !!!! Jou “way of thinking ook” …😉

  3. Oubaas se honne beklee belis nie n die laaste plek op die ranglysie hierbo nie, ek kies vir oubaas se honne eerder as rolmodel voor ek Julihasie of Deon Maas kies.

    (het ek mooi by die Topic gehou die keer 😆 )

  4. Stem saam, maar moet verskil as dit by Tanta Theresa kom. Sy was glad nie so oulik en lieftallig soos wat sy voorgehou het nie.

    • Rustig elkeen het sy foute, maar deel ook jou mening oor haar seblief.

      • Jong ek het die artikel jare terug gelees. Nie lank na sy oorlede is nie. Dit kom daarop neer dat baie van die geld wat sy ontvang het nie regtig altyd na die regte plekke gegaan het nie en dat sy verwag het dat as jy haar “organisasie” join, jy jou besittings aan hulle moes oorhandig. Elk geval ek sal nou hard moet gaan Google om weer die artikel te soek. Net so vir die interessantheid, dit was nie Huisgenoot storie nie. LOL!

  5. So terloops Rustig, Huisgenoot publiseer nie nuuswaardige artikels nie en ek lag nie, waar is die Huisgenoot van baie jare gelede toe dit nog werklik ‘n familietydskrif was.

    Wat die tante betref, soos ek vermelee geseg het, almal het maar foute, maar na die groter prentjie gekyk het sy beslis ‘n positiewe verskil gemaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: