Cressidas kentucky en spark plugs

Het ek vinnig oud geraak, of het die tyd net vinnig gevlieg? Wat ek beslis weet, tyd staan nie stil nie.

Die fotos is afkomstig van ‘n epos wat vra: Waar was jy in 1978?

1978 1

Ek kan eintlik elke maand ‘n Cressida koop met my loon.

Nou wie weet nie van Kentucky nie. Wel toe jy nog waarde vir jou sente gekry het, ook skynbaar in 1978.

1978 6

 

Met ‘n paar sente kon ek my kar diens.

1978 3

Wie wil nou ‘n kar diens as jy elke maand ‘bn nuwe kan ry? G’n wonner ek kan nie hierdie pryse onthou nie, net die petrol prys en die spoed wat kort tevore mos aangepas is.

My klerekas lekker aanvul, inteendeel elke dag ‘n nuwe pak dra vir minder as wat tolpad geld elke dag kos.

1978 4

 

Wel ek was daar maar bliksem toe het ek nog nie geld verdien nie en moes nog huiswerk doen, kon darem al heidie kyk en na Haasdas se nuuskas kyk.

Ek verstaan nie so lekker nie as alles dan so goedkoop was hoekom het pa dan altyd gemoan as ek geld gevra het vir die movies.

Ek wonner wat het koffie gekos, seker verniet weggee….mmmmm

9 Responses

  1. Ja maar ek dink so saam met die uitknipsels kan hulle netsowel een middelklas werkende man se inkomste staat ook by sit. .. Ek dink dan sal ons kan sien of dit werklik daardie dae so goedkoop was of nie, wat sou jy sê was die gemiddelde inkomste per gesin? (dalkies so tussen R600 tot R1000 of hoe? ) sal nogal interessant wees om te weet. Ek het nie ‘n idee nie, maar mense daardie jare het nie so gespend soos vandag se mense nie. Almal het hul eie groente tuine gehad en baie vrugtebome, vandag sien jy omtrent nie ‘n huis met vrugtebome of druiwe prieële en groente tuine nie.

  2. Ek was in St 3. Graad 5 deesdae. Die wêreld was een groot fees, behalwe vir die huiswerk.

    • Ek stem, kinders het nog lekker gespeel soms sommer tot laat aande buite, al wat huis is het nog nie diefwering gehad nie. Selfs die skole was by verre lekkerder en beslis het die kinders meer respek vir hul onderwysers gehad, daar was maar die normale ou stoutighede, en skelm rook agter die paviljoene was omtrent die ergste 😆 Vandag is dit drugs en drank, selfs wapens word skool toe gevat!! “Die winde van verandering” het beslis sterk gewaai. 😦

      • Ja ou Rustig, those were the days, maar oor 30 jaar van nou gaan ons kinders waarskynlik dieselfde nostalgie ervaar oor die ou dae nes ons oupas en oumas en ons gaan op die ouetehuis se stoep sit en terugdink aan die dae van motorkarre soos opua aan sy perdekar🙂

    • Jy het so aan die stert van die fees gewwes Rustig. Die dae van die pinball masjien in die griek se cafe was nog lekkerder. Die dae net na die ducktales toe pa en ma nog lekker saam met die straat se mense op Elvis en Nat King Cole geparty het.

  3. Gits. Ek sien mens kon toe omtrent vier safaripakke koop vir dieselfde geld as wat een ‘swart kerkraadspak’ jou sou gekos het. G’n wonder al die manne het daardie tyd eerder safari’s gedra nie, kompleet met ‘n kam in die kous.

    • Moenie die Brylcream vergeet nie kyker. Die grasshopper skoene en die langkouse by die safari pak. Dit was die bank amptenaar se overall.

  4. Die goeie ou dae. Ek weet ek was baie kwaad vir iemand vir wie ek R 20 geleen het. Ek het hom ernstig meegedeel dat ek nie ‘n liefdadighiedsorganisasie is nie- en waarmee moet ek my ouers onthaal as hulle nou kom kuier? Gee terug my R20!

  5. Seegogga alles is maar relatief, vandag kan R20 nie eens ‘n goeie tydskrif koop nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: