Depressie ‘n mite?

Die brein is sekerlik die mees ingewikkeldste liggaamsdeel denkbaar, juis omdat dit nie bloot ‘n orgaan is nie, maar ‘n ingewikkelde rekenaar wat tot meer instaat is as wat ons werklik besef. Koppel daarby die psige van die mens en die resultaat is ‘n byna onverklaarbare liggaamsdeel wat die mens as mens definieer. Die kern om as mens te funksioneer.

Depressie is sekerlik die siekte toestand met die meeste vraagtekens en wat baie kontroversioneel is omdat dit met die psige werk en omdat die mens nie die werking van die brein verstaan nie. Ek wil sover gaan dat die hoogsgeleerdes in die veld self besef daar is soveel rondom die mens se brein en die werking daarvan dat dit feitlik onmoontlik is om werklik die omvang van die brein te verstaan. Daagliks word nuwe bevindings gemaak.

Is depressie ‘n mite? Vir die meeste is dit omdat dit so maklik misbruik kan word, juis omdat dit so ‘n ingewikkelde toestand is. Hoeveel keer hoor mens nie van mense wat kla: “Ek is depress vandag” of “Ek voel so depro”. Ja, ‘n enkele woord wat heeltemal uit konteks gebruik word vir wat eintlik bedoel is om ‘n afgevoel/swartgalligheid uit te druk, wat meestal van korte duur is. Terwyl depressie in mediese terme ‘n siekte toestand is. Daar is verskeie oorsake van depressie, dit kan ‘n gebeurtenis wees wat dit veroorsaak soos die dood van ‘n gekliefde, of ‘n trauma voorval soos ‘n langdurige siekte,selfs ‘n egskeiding of ‘n liefdesteleurstelling, ‘n onverwerkte gebeurtenis van lank gelde kan dit ook veroorsaak en vele meer om op te noem. Depressie kan bloot ‘n chemiese wanbalans in die brein wees wat die siekte toestand veroorsaak.

Die stigma wat aan depressie kleef se oorsprong is waarskynlik die onkunde van vervloee dae toe kennis oor die toestand onbekend was en wanneer mense depressief was, was daar geen manier om ‘n sinvolle diagnose te maak nie en was hierdie skepsels bloot as gek of vreemd gelabel en van daar die stigma, bloot ‘n gebrek aan mediese kennis.

Die depressielyer ontbeur baie juis as gevolg van die feit dat daar so ‘n negatiewe persepsie oor die toestand is en huiwer dan om hulp te kry. Hoeveel selfmoorde kan voorkom word indien vroegtydige diagnose gemaak kon wees om die hartseer gevolg te voorkom. Hoeveel mense ly aan derpessie sonder om hulp te kry juis omdat die gemeenskap nie die omvang van die toestand verstaan nie, die skuldgevoel van ly aan depressie is ‘n groot rede waarom hulp nie gesoek word nie. Die onverstaan van mense wat nie daaraan ly nie. Miskien is dit hoekom ons drankverbruik so hoog is – kry maar eerder ‘n kick uit die goedvoel van alkohol en dwelms as om hulp te vra.

Depressie ‘n mite? Jare en jare se gewoontes word nie summier verander nie en sal daar vir nog ‘n baie lang tyd ‘n stigma aan depressie kleef. Vir baie sal dit altyd so wees, juis as gevolg van onkunde en die onwilligheid om te verstaan dat daar wel dinge in die brein kan skeefloop. Vir die depressielyer, ‘n werklikheid wat behandel moet word ten einde ‘n vol lewe te kan lei….

13 Responses

  1. Dankie vir hierdie insiggewende skrywe. Die Franse het ‘n mooi naam vir depressie, Die Swart Hond. en dis regtig ‘n swart hond wat jou jaag, tot jy in ‘n donker put val, met olierige kante— hoe harder jy probeer om jouself “reg te ruk” en “net positief, jou seëninge te tel”, hoe minder vastrapplek kry jy, totdat dit maar net die maklikste is om maar net te gaan lê, tot als verby is.
    Dankie tog vir “Heppie pilletjies”, wat mens krag gee om aan te gaan.

  2. Hallo Bloedbek. Dankie vir jou goeie hantering van hierdie onderwerp. Ja, depressie is nie sommer net ‘n mite nie, maar ‘n realiteit wat al hoe meer van ons raak namate tye moeiliker raak. Die pad na herstel is ook lank en moeisaam. Antie Koekie het ‘n baie goeie beskrywing gegee van ‘n put met olierige kante. Sterkte vir almal wat tans hierdie las moet dra.

  3. Ek wens so mense wil nie hulself uitlaat oor dinge waarvan hulle absoluut niks weet nie.

    Dis verseker nie ‘n mite nie. Die groter publiek daar buite verstaan nie dat daar ‘n moerawiese verskil is tussen being down and being depressed is nie.

    • Girl van die suburbs, dis soos jy seg, mense verstaan die siekte nie, juis omdat dit nie so ‘n klinkklare diagnose, soos bv suikersiekte of kanker ens, het nie. Die brein is maar ‘n baie ingewikkelde deel van die liggaam. Dis belangrik dat die mense wat wel weet die boodskap moet uitdra. Daar word heeltemal te ligtelik oor die toestand mee omgegaan.

  4. Ag jinne, toe ek getoets is, vertel die dokter is is sommer naby dood van depressedgeit. Ek skrik so, ek drink nou nog my pille.

    Die ander dag loop ek uit pille uit, vir so 3 dae kom ek nie by die apteek nie. Kry ek onttrekking soos ‘n druggie dat ek skrik ek kry sommer dadelik weer pille en drink dit nou nog.

    Die mense rondom my is baie dankbaar vir hulp. Nie net was ek sedly depressed nie, maar my moermeter het daagliks kookpunt bereik. Ongesonde situasies beduie ek vir jou. Die kookpunt elkere dag. Mens se brein short te veel en die skade aan ander is nie goed nie.

    Swart Hond? Watwou. Donker Heks eerder.

    Dankie vir die post!

    • Skoor, die medikasie is baie belangrik en ek reken daar is baie mense wat aan depressie ly wat nie weet daar is ‘n beter lewe te geniete met die regte medikasie. MAAR weereens die stigma verhoed baie mense om hulp te vra en soms is die gevolge baie tragies.

  5. Baie dankie vir julle bydraes. Dit sal nogal interesant wees om te weet hoeveel mense werklik aan depressie ly. Ek dink die media behoort ook meer bedag te wees oor die onderwerp en behoort meer inligting aan die lesers gee.

    Die feit van depressie dit verander die lyer sowel as sy/haar naasbestaandes se lewens in totaliteit. Miskien ‘n klip in die bos oor depressie: Die persoon wat met depressie gediagnoseer is, se houding teenoor ander mense verander ook, juis agv die nuwe insigte en dit verskerp die lyer se aanvoeling vir mense en hul behoeftes. Seg bloedbek.

  6. Ja, met dié dat jy jou lyf kluisenaar gehou het, het jou favourite antie weer so ‘n skermutseking met die Swart Hond gehad. Gaan loer bietjie in en lê jou eier?

  7. Nee, deksels, dit het verkeerd uitgekom. Ek het nie met Swart Hond baklei omdat jy kluisenaar geword het nie,! Ek bedoel, in die tyd dat jy………. het ek…….! Verstaan jy nou?

    • Antie Bloedbek verstaat helemal goed, ai nig dit is maar ‘n ewige stryd maar ek gaan beslis loer daar en my repliek lewer.

    • Antie, ek weet dit is ‘n ewige stryd. gelukkig het ons die vermoee om die bliksemse hond te takel met mening. Antie moet net nie lat die hond raakbyt nie, mens weet mos wannir die hond begin tanne wys en dan moet uit die pad gespring word, reg om die geveg te vat. Dis beter om eerste aan te val dan is dit gewoontlik steeds ‘n bloedige geveg, maar darem van korte duur. Maar wat seg ou bloedbek Antie weet mos van al die truuks. Wat ou bloedbek wil seg is, dis darem ‘n troos as mens wis van anner wat ‘n oor kan gooi en ou bloedbek het moese groot ore.

      PS Antie ek het geprobeer om op antie se blad te submit comment maar ek word geignoreer, daarom doen ek dit somme hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: