Bloedbek se stilte

Kyk, ou bloedbek het ‘n projekkie aangepak daar doer ver tussen nerens en niks. Ek was darem vroegtydig gewaarsku, daar is nie draadloos opvangs nie, daars nie ‘n Teevee nie en gin telefoon. Ek is vroegtydig meegedeel so 2 kilometer van die groot pad af verdwyn die selfoonopvangs. Ek kon nie glo dat ons nog sulke afgelee plekke het nie, maar dis sowaar as padda manel dra seg ek jou.

Vier dae sonder kontak met die buitewereld is goed, maar sewe dae… later voel mens soos Rip van Winkel. Ou bloedbek het gelukkig nie van die Springbokke se treur mara geweet nie tot hy weer die grootpad tref nie. Maar toe bler die selfoonkie van die boodskappe en smse vir ‘n vale, toe weet ek ek is terug in die beskawing. Moet darem byvoeg dit was nou eintlik blerrie lekker so in die media stilte. Maar net so lekker om weer ‘n telefoon te hoor lui.

Nou terug na die plek daar doer ver, so tussen die berge gelee, so die son kom later op en gaan sak vroeer as op ander plekke. maar waaroor ek nie gewaarsku is nie. Die koue! Dit was pokken koud seg ek jou, meeste van die tyd het die krane eers in die namiddag begin loop en sommer vroegaand weer opgehou loop. Die kapok het daar geval, sommer as die sonskyn het dit daar gekapok. Die eerste keer in my lewe word ek wakker en alles, ek seg jou alles is wit. eerste gedagtes is, ek is in die hemel want dit was nie so mooi toe ek die son gister sien sak het nie en so bly dit vir ‘n paar dae. Die prag maak op vir die koute, maar koud bly koud en mooi is mooi. Darem is ek nou weer terug by Liefie en dis nie so koud nie. Ek gaan weer terug want ou bloedbek laaik die stilte en die projekte is nog nie afgehandel nie.

Net as jy beginne wonner of ek waar praat hier is so ‘n fotokie om die koue te wys

Julie 2010 014

Dis nou sommer baie vroeg oggend en koud seg ek jou

Julie 2010 043

Nou as jy gedink het dis ‘n swak foto, die wit vlekke is kapok wat besig is om te val, soos fyn wol vlassies te pragtig, selfs ou bloedbek se bek het oopgehang van stomgeslaangyt oor die gebeurlikhede.

13 Responses

  1. Shame, ou bloedbek, dit moes vreeslik gewees het, so leeukoud en liefie nie naby om die leeu te roep nie???
    Jou favourite antie like mos van alleen wees— los my uit! —- maar so afgesonder, sonder selfoon of internet?
    Weetie so mooi nie…………….
    Is net jaloers oor die kapok wat jy kon beleef. Whao, dit moes erg mooi gewees het?

  2. Ek selwers het al gewonder wat het geword van die eienaar? Het gedog hier kom al weer In Memoriam blog aan.

  3. Mens jinne ek voel sleg ek kry eenvoudig nie tyd om by al die blogs uit te kom nie, maar hier is ek nou!!

  4. Bloedbek! Dit moes FANTASTIES wees!!!! Ek laaaik die stilte – jy moet dit HOOR! Ek is sommer jaloers!

  5. Ek weet! As plaasjapie raak ek al hoe meer afhanklik van die stilte. Dis die lekkerte van my middagstappies – om net stilte te hoor en die natuur in te drink! 2 Dae gelede was die son bloedrooi met ‘n rooi mis rondom. Gister was dit aanvanklik amper spierwit, toe is dit goudgeel en later geel met rooi skynsel rondom! Sjoe, as jy eers die natuur begin geniet, kry jy net nie genoeg nie!

  6. Prentjie mooi ja, maar hierdie outjie issie uitgeknip vir koue nie. uh uh

  7. Bloedbek, ek het jou daar op my blog geantwoord, en soos die mens mos maar is, moes ek net kom loer wie Bloedbek is. Aangenaam, ek is seker ons gaan heerlik oor en weer kuier hier in die Blog-wêreld.

    Daai kapok laat my darem maar vreeslik dink aan die eerste keer wat ek wakker geword het, en die asemrowende wit kombers oor die aarde gesien het.(Ek het daar in Rhodes en Barkley-Oos se area groot geword)

    Dis mooi, maar as daai kopok eers begin smelt is dit vrek koud.

    Lekker gelees, tot weersiens!

    • Welkom hier in bloedbek se yard. Voel vry om jou opinie te lig, of is dit nou lug. Onthou net, ek het ‘n delete knop en huiwer nie om dit te gebruik as iemand my te veel kak gee nie. Dis nou nie direk op jou van toepassing nie, net iets wat ek lankal wou seg, voel so kragtig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: