vyf minute word twee ure

Tyd vlieg soms te vinnig. Wat 5 minute moes neem het uiteindelik 2 ure geneem….

Hoe moeilik kan dit wees om ‘n nuwe password te kry? Baie!

My kaart gebruik ek al jare sonder enige probleme tot gister toe nog kon ek ‘n paar randjies trek , maar toe sleutel ek my password verkeerd in nogaaaal by die bank se internet terminaal, net om agterna uit te vind hulle het ‘n probleem met van die sleutels en ek was die nuutste slagoffer.

Ons is in ‘n eeu van moderne tegnologie, papierwerk behoort om verskeie redes baie minder te wees, maar mensig, om 7 A4 bladsy uit te druk, vol geprint om ‘n password te verander laat my wonder of sommige van die groter finansiele instellings werklik ingestel is om ons natuur te bewaar, of is dit bloot onkunde aan die kant van die klerk.

Terwyl ek hoogs gefrustreerd toekyk hoe die probleem groter en groter word, het ek ‘n keuse of om my gat te wip en ‘n vloermoer te gooi of ek kan die beste van die slegte saak maak. Die tou wagtende kliente het aangegroei tot ‘n laannnngggg tou met baie gefrustreerde gesigte. Besluit ek om so biekie humor in hulle in te blaas. Liefie sou weer seg ek is kommin, maar man sy is nie daar nie ek ek vat die geleentheid en begin kommentaar lewer oor die vordering van my probleem, sommige vind dit amusant, maar enkeles se draad was by die tyd so kort dat hulle met bloedrooi oge na my gluur en die humor nie snaaks vind nie. Toe ek koffie vir almal bestel by een van die klerke wil niemand koffie he nie, nie dat ons sou kry nie, maar nie ‘n enkelte klient is lus vir koffie of tee nie. Shame sommige mense moet maar swaar deur die lewe gaan so sonder ‘n ou humorsinnikie, dis hulle saak daai seg ekke.

Uiteindelik is ek klaar, maar sit nou met twee nuwe identiese kaarte, weet steeds nie hoekom nie, maar die klerk seg dis hoe dit is.

Om op te som as iets werk moet nie daaraan krap nie, dan soek jy moelikheid, maar weet as iets met die tegnologie verkeerd gaan dit moeite gaan verg om net weer aan die gang te kom. Nimmer as te nooit het ek geweet dat mens met spaar parte kan huis toe gaan as jy jou password moet vervang nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: