Groenteboer in die kleine

Dis tyd! Kry jou tuinvurkie, gieter en grafie reg dis tyd vir groente plant. Ek wil elkeen aanmoedig om ‘n eige tuintjie te begin as jy dit nog nooit gedoen het nie is daar geen verskonings nie, ek het nie groen vingers nie, maar moer ‘n tamatie of ‘n blaarslaaitjie uit die tuin so uit die grond uit is te lekker vir woorde, die reuk die smaak en natuurlik die genoegdoening. Die eerste verskoning- ek het nie plek nie; se gat my maat, as jy ‘n meter by ‘n meter het, het jy plek as jou woonsellekie ‘n stoepie so groot soos ‘n posseel het, het jy plek. Mense dink aan landerye en groot grond, fout man, dis vir die kommersielle planters wat in elk geval nie ‘n flenter omgee vir jou en my se gesondheid nie en al die goed wat ons koop is in elk geval so vol chemiese kak dat dit nie meer soos die ware Jakob proe nie. Tyd o ja baie belangrike, maar kakkerige verskoning. Die son hoef nie te skyn wanneer jy jou groentekies versorg, maar dis darem beter om in die daglig te werk as jy nagblind is. Tape daai sepie en kyk dit later, maar die tuinding doen is ‘n moet.

Nou toe as jy kak genoeg voel en genoeg uitgetrap is laat ons beginte.

Groente het net drie, nee vier vyf belangrike elemente nodig: Goeie grond, sommer baie kompos, genoeg water, maar ook nie te veel nie. lekker son, maar ook nie te veel nie en baie belangrik goeie saad. Dis al.

Jy kan nie verkeerd gaan nie, maklik soos poep en bier drink seg ek jou.

1. Grond en kompos. Groente oor die algemeen hou nie van kleierige grond nie en daarom is baie kompos nodig. Dreinering moet ook lekker wees want jy wil nie die plante verdrink nie. Ek seg hoe meer kompos hoe beter.

Koop sommer jou kompos vir starters, maak seker dis kwaliteit kompos en koop sommer baie sakke, daar is nooit te veel kompos nie. Wees versigtig vir kompos wat nie onkruid vry is nie, want dit skep net probleme later, jou buurman se beeste se mis is nie ‘n goeie plan nie, beeste vreet bossies en bossies is onkruid wat jou gaan irriteer en moedeloos maak, so kry die beste wat jy kan by jou kwekery, moenie hier afskeep nie want dit gaan jou berou of beloon.

2. Waar plant ek dit? Hier het jy verskeie opsies, ‘n sonnige stukkie grond is die beste, maar as jy in ‘n conctrete jungle bly skaf vir jou lekker groot houers aan van minstens 40cm diep, 50 cm is beter vir vog behoud. Jy moet verstaan die meeste groente se wortles is nie baie diep nie, maar hoe vlakker hoe meer gereeld moet jy water gee.

OF, gebruik sommer ‘n motor buiteband, of jou geliefde se 4×4 band sal nog beter werk, ‘n fietswiel sal om verskeie redes nie werk nie, verstaan jy dit.

OF, gebruik ou kunsmis sakke, verkieslik nie die lapsoort nie en ook nie plastiek, lap sal vrot en hoe gaan jy voel as ek ‘n plastieksak oor jou kop trek. Die geweefde soort, as jy dit sien sal jy sommer weet, ek weet hulle verkoop soms hondekos in daardie sakke of vra jou kwekery hulle sal net so goed indien nie, beter weet as ekke.

3. Hoe nou gemaak? Nou as jy al die houers sakke ens het moet jy begin om jou kompos in te werk, ek vat sommer so 2/3 kompos en 1/3 leemgrond/bosgrond en ‘n klein bietjie sand as die grond baie kleierig is. Het jy dit? Vra maar as jy nog onseker is hoor! Want ek wil sien dat jy lekker groente saam met bloedbek en sy lotte gaan eet en sommer binnekort ook. Hou die mengsel klammerig totdat jy plant.

Indien jou plekkie so ‘n lekker sonnige hoekie is en jy kan dit beskerm teen uitermatige koue en ryp dan kan jy sommer dadelik begin plant, maar verkieslik eers oor so ‘n week of twee.

Geen rocket science hier nie.

Kyk as daar nou groentes is wat geen kak het nie is dit wortels, spinasie, beet en boontjies. Veral spinasie en beet ontkiem baie vinnig en binne enkele dae sal jy die groen spikkels begin sien. Lees die saad verpakking oor hoe jy dit moet saai/plant, maar as jy dan nog onseker is vra my hoor! Die genoemde groente is rerig maklik om mee te begin. Wie weet binnekort behoort jy tamatie plantjies by jou kwekery te kry of jy kan solank tamatiesaad plant om later uit te plant. Blaarslaai is net so maklik, dit kan jy sommer so tussen jou geliefde se rose en blomme plant en dit verleen ekstra tekstuur aan die beddings ook jong. Easy seg ek jou.

Nou toe tyd stap aan en ek is saam met jou opgewonde oor moontlikheid van eige groentekies.

So terloops, die afval groente en vrugte skille kan jy ook maar begrawe vir later en as jou buurman erdwurms het gaan vra hom vir ‘n klompie, daai wurmpies is ywerige komposmakers en dit help met die belugting van die grond ook.

27 12 2009 020

 

Siedaar hoe lekker groei die goeterkies, spinasie, beet, wortels en blaarslaai. Jy sal sien ou bloedbek is maar lui, daarom gebruik hy sommer besproeing vir die natlei. Ek moet net noem hierrie is maar net ‘n stukkie useless grond wat Zet en Boel bekak wat ek gebruik vir so by die huis se groentekies. As jy mooi kyk sal jy boel se spore sien, maar ek moer hom gereeld uit my beddings uit, so die skade wat ou boel aanrig is nie te erg nie.

Seg bloedbek.

PS Die bokke speel so swak dis amper beter om innie tuin te werk as om in trane op die bank te sit en treur.

12 Responses

  1. Nommer een op my lys sodra ons terugkeer na Afrika….met geen balkon en ‘n posseel grootte voelhoek wat reeds volstaan met ‘n dubbelbed en ‘n stoof sal ek my groentetuin solank begin in die kop. Ek stem egter – daar is niks so lekker soos eie groente uit jou tuin nie…..die reuk van nat grond en kraakvars produkte is oorgenoeg betaling vir die bietjie swoeg en sweet.

  2. hoe lank voor ‘n mens nou van jou blaarslaai kan gebruik,ek dink myne se blare 13cm hoog,help

    • Jy kan dit reeds gebruik, maar die beste is om te wag totdat die blaarslaai ten volle ontwikkel het in ‘n krop, alhoewel sommige varieteite vorm nie ‘n krop nie maar net ‘n hele spul verkreukelde blare. Moenie ongeduldig raak nie, ondersoek gereeld vir wurms en ander aaklige goggas.

  3. Kan iemand vir my asb se wanneer plant ek watter groente deur die jaar . as daar ‘n web is sal ek baie bly wees dit is net vir ons eie gebruik. Bly in Bronkhorstspruit en dit kan baie koud word in die winter

  4. Nou wil ek raad vra, ek het na gesoebat en gesmeek 4 trekker bande gekry!! En wil nou my hand aan ‘n groente tuin waag!
    Nou soek ek raad!! Hoe waar en wat?
    Ek weet darm waar om saadjies of plantjies te koop!
    Buiten vir die kompos wat ek somme by PnP koo waar koop mens ander grond /klippe om die bande vol te maak?

    • Lerina eerstens wil ek jou gelukwens met die groot stap om jou eie tuin te begin. Die lekkerte van vars groente uit jou eie tuin is voorwaar amper soos terapie van soorte. Wat die grond en klippe betref moet jy maar dieselfde stategie volg: soebat en smeek daar in jou omgewing. ek is seker om grond te kry sal makliker wees as die trekker bande. Ek sal natuurlik nie die bande opvul met klippe nie. Plaas ‘n stuk karton op die grond om te keer dat onkruid in jou bande groei. verder sal ek dit volmaak met ‘n lekker mengsel van grond en kompos. Dit hoef nie dieper as so 40cm te wees nie. ek is ook seker as jy rondsoek sal jy kompos teen ‘n beter prys kry as die supermark. kwekerye is ‘n opsie om te oorweeg. vergelyk maar die pryse. vir ‘n klein tuin sal ek eerder plantjies aanskaf. baie makliker en vinniger. Hou my op hoogte Groete van ou Bloedbek

    • Ek hoop jou tuin is in volle gang.

  5. waar kan ek groete plantjies koop …. verkieslik die sonder GMO ??

  6. Ek is nou rerig stupid, dom maar hierdie jaar gan ek groente plant, ek het lekker stukkie grond seker so vier by vier meter lekker sonnig. Ek wil graag weet koop ek uie plantjies, tamatie plantjies en die ander groente soos boontjies beet wortels spinasie koop ek saadjies. kan ek pampoen plant dit rank mos moet dit ook baie son kry of kan ek dit teen my binne heining plant. help asb ek nou moet vir supermarket se groente wat jy dadelik moet berei want jy kan dit nie lank bere nie, o ja en aartappels hoe gemaak koop mens die saad . Dankie vir jou wenke en ek sal jou seker nog baie pla, wanneer begin ek plant, my grond reeds omgedolwe en gekunsmis, en paadjies tussen klein beddings gemaak, nou is dit net vir plant hoe en wanner. Baie dankie en hoop om gou van jou te hoor.

    Mari Boksburg Gauteng

  7. Druk vrot tamaties uit op koerantpapier. Drood en snipper die paper in duisende klein stukkies. Plant dan die paper! Dit werk soos n bom…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: