Ontnugtering

Die laaste paar maande was vir ou Bloedbek en Liefie ‘n woelige tyd met baie veranderings. Gedink ons verruil die stadslawaai vir die platteland, waar dit veronderstel is om rustiger, kalmer en meer vreedsaam te wees, kak man seg ek jou. Ek sukkel om die huis te restoureer want elke inwoner kom kuier en kom loer waarmee ou bloedbek besig is, almal gee raad en advies al weet ek wat ek doen en Liefie moet net koffie en koekies aandra. Almal weet van ons al het ek hulle nog nie eens ontmoet nie. Die bure weet meer van my as wat ek self weet. Dis interesante tye die.

So vis ons tussen die bure wat betaal mens die bediendes in die omgewing, seg een buurvrou, nou soos ek verstaan is dit ‘n ou tante wat swem in die dollars, (moet dit noem want dis wat my so stomslaan). Ons moet nie ons bediende meer as R40 per dag betaal nie, wat se kak is dit? Maar daardie advies sal ons ignoreer.

Voorheen kon ek kies en keur tussen die koerante en tydskrifte en nou, net een dagblad wat eers teen teetyd hier aankom en ook eers nadat ek die winkelier gesoebat het vir ‘n kopie, al sy koerante het reeds eienaars. Nou kry ek my kopie darem ook gereeld. Niks engelse dagblaaie nie seg ek jou.

Bloedbek trek sy ou pypie van tyd tot tyd en so raak my twakkies op. Moenie dink ek kan my twak hier kry nie, ek moes 75km ver ry vir my twakkies, die probleempie is darem nou ook opgelos ek kon darem aan die winkelier verduidelik wat my twak is en na verskeie pogings is dit darem oppie rak. EN moenie dink jy kan net winkel toe Stap en gaan koop wat jy nodig het nie, nee man, jy staan voor die toonbank en vra wat jy nodig het en soms raak jou keuses op en is daar nie dit wat jy soek nie.

Jong hier kom nog baie stories uit maar laat ek dit eers los vir later.

Hoekom so min geblog die laaste tyd behalwe dat ek besig is met die restourasiewerk en die vakansie tussen in is spoed hier ‘n groot ding, ADSL werk nie, en die beste sein is GPRS ek wil soms in my broek kak oor die tempo waarteen alles hier gebeur, maar dan die lug is vars, die mense warm, dis stil, g’n ambulanse, g’n sirenes, g’n getoetery nie en meer belangrik ek en die straatbrak, ook ‘n storie wat vertelle moet worre, gaan stap deur die dorp, om die dorp tot annerkant die loekasie en almal ken die brak en vir my ook….

8 Responses

  1. Eerste!!!!

    Weereens welkom.

    Ek het regtig nie ‘n probleem met die platteland nie, maar dit is ‘n frustrasie om nie eers die mees basiese goed net so te kry nie.

    Ek wonder nogal waar jy nes geskop het, klink omtrent waar kooperasie stories afgespeel het. Die meeste plattelandse plekke wat ek ken het darem ‘n Spar, ‘n Pep en ‘n drank winkel.

    Het julle nog son daar?

    • Hier het ons ‘n drankwinkel, maar Spar nee. Selfs nie eens ‘n Pep nie, blykbaar jare gelede afgebrand hehe. Ja die son skyn, hier reen dit nie, dit drup net so van tyd tot tyd.

      Ek reken hier gaan ek nog baie interesanthede uitkrap.

  2. welkom terug. Enigste dorp wat ek van weet waar daar nie n pep of n spar is nie, is chrissiesmeer. Vir al die res. . . .dit klink net so blerrie bekend.

    • Was jy dan weg Olga😉 ? Ek is nog altyd hier skryf net nie so gereeld nie agv die powere internet konneksie. Ek kan sommer heelwat name by Chrissiesmeer byvoeg. Maar dis ook waar dat daar oral ‘n Pep is al is dit op ‘n buurdorp. Ek dink nie daar is ‘n landsburger wat nie van Pep weet nie. Wonder of ou Vlam weet van Pep Hehe ?

  3. Ek het die post baie geniet, jy skryf dat ek die dorpie en sy mense so voor my sien. hou so aan.

  4. Bloedbek: Klink vir my of jou naaste dorp heel spoggerig is, met ‘n tipe rustigheid waarvan ek sommer baie sal hou en g’n niks so vervalle soos party ander nie. Ek het ‘n paar maande gelede deur Mafikeng gery en het net niks gehou van hoe die plek deesdae lyk nie: Simpel winkels wat nie veel meer as selfone, goedkoop Oosterse gemors en klere uitgesoek vir straatbendes verkoop nie. En dan was daar ook nog die aljimmerse lawaai van doef-doef musiek op elke straathoek.
    Ai tog. Wat het dan oorgebly van al Suid Afrika se pragtige ou plattelandse dorpies van toeka se tyd?

  5. Kyker die meeste, nee 99% van alle plattelandse dorpe verval teen die tempo van wit lig. Die uitsonderings is daar wel, ylgesaai, maar darem. Mense kan maar net soveekl baklei vir die behoud van die platteland.

    “Wat het oorgebly ….” darem daar es nog ‘n few exceptions. Maar wat duidelik is waar plattelandse dorp blom is agv nuwe investerings deur die stedelinge gemaak word. Hier en daar is sulke juwele. Die res het die inwoners nie ‘n visie vir die dorp nie en verval en verwaarloos alles. Munisipaliteite kan ook nie altyd geblameer wors nie maar beslis apatiese inwoners

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: