Lucky is nou in rehab

Ou lucky as julle nognie weet nie is die straat brakkie wat hier kom plak het.

Kyk hierdie brak het mos sommer so hier opgedaag en sommer vir my in my jaart geblaf, ek het die ding verwiller maar die brak staat blaf toe vir my van annerkant die heining sommer tot laatnag en toe verdwyn die brak. Paar dae later is die brak weer terug, om te bly. Hy weier om te gaan, wil sommer byterig raak as ek net waag om hom uit te gooi.

By nadere ondersoek vind ek die brak is ‘n taxi, vol vlooie, luise, bosluise en ongeidentifeerde goggas, oorlaai seg ek jou, nes ‘n Transkai taxi. Ek gryp hom net daar en dan en gee hom ‘n deeglike bad en dip. Na die gespook is die brak sommer die helfte ligter, nie dat hy iets geweeg het voor die tyd nie en terstont word hy deur Liefie vol kos geprop want die ding lyk beteuterd. Sedertdien is hy tuis. Hy is soos ‘n magneet al agter my aan, ek kan my gat nie draai nie of die brak is daar. So besluit ons op ‘n naam. Die eerste was Fugly want hy is lelik, maar enige naam sou doen en eindelik het die familie ooreengekom op Lucky.

Dis nou 3 maande en Lucky is byna een van die familie, hy grom nie meer as jy na hom kyk nie en wag geduldig vir sy kos saam met die anner kinners. Soms waag hy dit selfs om die huis te betree, maar dis duidelik hy is maar nog baie versigtig. Soms maak hy homself op my skoot tuis en dan kan g’n mens naby my kom nie. Ek geniet dit nogal, nou het ek darem een aan my kant. Liefie raak ook almeer geheg aan die brakkie.

Op ‘n dag verdwyn ou Lucky weer. Die huis is in rep in roer, maar berus ons daarby die straatbrak is maar weer op sy weg. Ek is weer alleen… Wel, die volgende oggend is ek weer by die werkswinkel en wie kom ewe luiters by die deur uit? Ek het Lucky in die werkswinkel toegesluit die vorige middag. Die weersiens was amper ‘n emosionele familie affere, almal was bly ou Lucky is nog hier.

Lucky se rehab is byna verby want hy word al op die bed toegelaat met sy stoppelbaard en al.

Ons het nou drie kinners behalwe ons eie, Dis nou Malaika, die Boerboel, Zet die Toypom, beide het pedigrees so lank soos my voorarm en dan ou Lucky van twyfelagtige afkoms. The good the bad the lucky.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: