Windpompe

DSC06100

Hoeveelkeer ry ons nie by ‘n windpomp verby sonder om te besef watter belangrike takie hierdie stukkies staal verrig nie. Deur die platteland, deur die dorre karoo sien ons die torings met die niksseggende wiel wat stilweg draai en water diep onder die grond uitsuig om water te verskaf aan mens en dier.

Min mense weet hoe lyk die kontrepsie van naderby of hoe die ding werk. Wel ek het ook nie, net geweet die ding pomp water deur ‘n pomp diep onder die grond wat die water tot op die oppervlakte druk en dan so ‘n dun straaltjie in die dam inlaat. Laat ek jou vertel baie meer interesant as dit.

Hier is ‘n foto van die kop van die windpomp waaraan die wiel vaskom.

DSC01296

Hierdie spesifieke model is reeds in 1912 vervaardig en tog werk dit vandag nog. Dit is eintlik ‘n baie eenvoudige beginsel, maar tog is dit nie sommer enigeen wat daaraan kan werk nie want die gereedskap wat gebruik word is beslis nie vir ons manne met die sawwe handjies nie, nee, dis swaer ysters waarmee hier gewerk worre.

Hier is ‘n foto van die tools van die trade.

DSC01336

Daarmee saam nog al die pullies en natuurlik die manne wat doer hoog bo moederaarde hierdie gereedskap vernuftig gebruik om die kop van die windpomp te herstel.

DSC01308

DSC01313

So een en ander oor windpompe:

‘n Nuwe windpomp kan maklik R20,000 plus kos, baie meer as wat ons leke besef. Nie so goedkoop as wat ons dink nie, maar beslis baie meer betroubaar as ons moderne toerusting, gegewe dat daar windpompe meer as ‘n honder jaar oud is en steeds elke dag sy stroompie water pomp. Al wat ‘n windpomp vra is liefde en natuurlik wind.

Windpompe het natuurlik ‘n boorgat nodig en sommige gate raak sommer lekker diep veral in die dorre karoo wat daar van honderde meters diep gepraat word en tog is daar ook plekke in die karoo waar die gate net sowat 25 meter diep reeds lekker water stoot.

Op hierdie foto is die hart van die windpomp, die pomp self, wat die water diep onder die grond uitsuig en meters boontoe uitspoeg in die dam.

DSC01333

Die kop en die pomp van die windpomp word alles bymekaar gehou deur pype wat gekoppel is. Kom daar fout, moet hierdie pype uitgetrek word, pyp vir pyp, ‘n takie wat geduld en tyd verg.

Die water word natuurlik uitgepomp deur ysterstawe wat aan die windpomp se ratte gekoppel is en wat soos die wind waai die water na bo druk deur middel van die pomp onder in die gat. Kom daar fout met die pomp moet alles uitgehaal word, die yster stawe en die pype. Elke pyp en ysterstaaf moet dan losgemaak en verwyder word en pyp vir pyp uit die gat gelig word, totdat uiteindelik die pomp die lig sien. So word die proses weer herhaal om die herstelde pomp weer tot onder in die gat te laat sak…pyp en staaf op ‘n slag.

Die windpompapr 2010 215

Hopelik sal hierdie kykie in die lewe van die windpomp jou bietjie langer laat stilstaan wanneer jy weer ‘n windpomp bekyk.

6 Responses

  1. Ja, ek is elke dag van my lewe afhanklik van sulke pompe!! En as daar diep in die gat af ‘n pyp breek, moet dit met baie moeite “opgetrek” word…

  2. Gits. Ek het nou lekker aan hierdie inskrywing gelees. Die ‘bobbejaanspanner’ op een van jou foto’s het my terug laat dink aan my dae op die plaas. Met hom kan jy enige pyp los- of vasskroef.

    Windpompe is vir my erg mooi. Baie van hulle is opgerig op plekke toe dinge daar nog woes en wild was. Dis goed om te weet daar is mense wat hulle oppas en regmaak.

  3. die artikel is kwaai -ek is bly die skrywer voel so oor windpompe.
    deesdae is sonkrag aangedrewe pompe darem oraait,maar ek sit hulle by die ou windpompe inplaas van die windpomp strip en weggooi.Die windpomp het hard gewerk en verdien sy plekkie in die son.Die sonkrag pompe is darem betroubaar en nie so duur nie.onderhoud is ook min of niks.
    bel my as jy nog wil weet 0767953333.

  4. Ja ek het self die grootste respek vir windpompe so baie dat ek windpomp besigheid begin het, Windpompkliniek in Upington. Ons werk elke dag net windpompe en daar is niks lekkerder as om op die boere se plase te kom nie. Ja sonpompe is seker baie geriefliker as windpompe maar is daar al een wat 30 jaar en meer gehou het en kan hy in die nag water gee. Maar ek is so bly dat daar nog mense in ons land respek het vir die goed wat voor ons tyd opgerig is en nog 80% van hulle nog in werkende toestand is. Statestieke bewys dat daar nog soveel as 200 000 windpompe in die noordkaap is wat in werkende toestand is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: