Nou wat het die kat hier ingesleep?

Dis wat gebeur as ou bloedbek lui raak,  maak niks nie. 

Jong was ek nou stomgeslaan oor die blog van my. Ek kon nie glo hoeveel besoeke ek al gehad het nie, gegewe my absollute stilte . Net luiheid. Geen verskonings nie, 

Ek het baie om my bek oor uit te spoel in hierdie landjie van ons, maar ek gaan my nie by die galbrakers voeg nie, te veel om voor dankbaar te wees.

Sedert my laaste bydrae het daar ook te veel gebeur en nie gebeur om oor te babbel dat ek besluit het jou gat bloedbek nou praat jy weer. Nou maak ek maar so

Wat het gebeure? Wel my windpomp het finaal sy gees gegee by wyse van spreke. Eintlik het die silinder en pype in die gat af gemoer en niemand kan dit uitvis nie. Ek wil dit verkoop maar volgens is die gedroggie te oud, ek skat dis seker by ‘n 100 en tyd om te rus. Gelukkig kaan ek die raam weer gebruik om iets mee aan mekaar te slaan. Liefie skimp hard vir ‘n tonnel en dis wat daarmee gaan gebeur, ‘n tonnel om groente te kweek as jy nie weet watse tonnel ek van praat nie.

So hier is ‘n laaste foto van my ou windpompie. Raak ek amper bewoe oor dit, darem nie helemal nie.

koebaai pompie

koebaai pompie

 

“You can’t stop progress” nou gaan ek maar kyk vir ‘n solar gedoente om die water uit moeder aarde te suie, vir Liefie se tonnel.

Maar ou bloedbek het darem ook getrewel die jaar en ‘n draai in Namibia gaan maak. As ek moet emigreer dan sal ek soontoe skuif. Ek laaik daai plek kwaai. Hier is sommer ‘n foto as ewedins.Groot pad van Namibia

Eish maar daai plek is nou droog seg ek jou, maar dit bly mooi. Darem nog nie so mooi soos onse karoo nie.

Ai tog mense as jy ry, ry tog versigtig, die pad is vol hooligans en jy wil tog nie ook ‘n hooligan wees nie, of wil jy?

Groetnis

 

 

3 Responses

  1. gewonder wat van jou geword het. Die taak van die windpomp was toe nie so erg nie… ‘n Week later moes sy toe een bou en skooltoe vat. Dit was ‘n bietjie van ‘n gemors.Die pype kon nou wel nerens heen inval nie, maar sy het die goed wat moet draai van ‘n plastiek coke bottel gemaak, en sy moes dit met ‘n glue gun plak. toe vreet die gom die plastiek… toe vat sy papier en sny die goed daaruit. Haar windpomp wou niks doen nie, behalwe omval. Ek het sommer uitgebars van die lag toe ek die ou stukkie gemors sien. Sy was eers hartseer, maar toe begin sy sommer maar saam lag. Partykeer moet ‘n mens maar net vir jou eie tekortkominge lag.
    Haar windpomp het sommer direk asblik toe gegaan… maar te oordeel aan die punte in die eksamen, het sy darm ‘n goeie punt gekry vir probeer… so, sterkte met jou groente tonnel. hoop dit gaan beter as met jou windpomp…

  2. Dis waar wat jy sê, pragtige wêreld daardie! (En sterkte met die tonnel, hou ons tog op hoogte met die vordering.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: