Vryheid van geloof

Ou Bloedbek sit mos nou al ‘n tydjie en wonner oor ons land en en meer spesifiek wat na 1994 gebeur het.

Kyk of ons dit nou wil glo of nie, maar voor 1994 was dit die NG Kerk wat die septer geswaai het. Nou het die kerk se stem stil geword. Ek wil nie in ‘n debat gaan oor wat die kerk verkeerd of reg gedoen het nie. Dis in die verlede tyd.

Baie gaan my kwalik neem uit onse NG Kerk geledere en ook ander denominasies, maar die beste ding wat met geloofsake kon gebeur het, was die winde van verandering wat die nuwe grondwet gebring het. Niemand hoef meer te maak of hy/sy ‘n christen is, of nie. Dis mos wat ons noem vryheid van geloof. Of jy aanbid, of nie, niemand kan diskrimineer op grond van waarin jy glo, of nie glo nie. Die nuwe grondwet het ons vryheid van keuse/geloof gebied.

Is ons nog ‘n gelowige/christen land. Ek seg nee. Steeds wandel ons die wereld vol om mense van Jesus te vertel, terwyl ons eintlik elke dag ‘n groter behoefte het aan plaaslike bediening. Mense ek seg nie laat staan alle sending aksies na buite nie, dit hang mos af waarheen God jou stuur, maar dalk, net dalk moet ons minder ingestel wees om die roeping altyd te ervaar as ver weg van die huis af en meer kyk na ons eige behoeftes.

Ek weet nie van anner plekke nie, maar op die platteland word al hoe meer vreemdelinge deel van ons gemeenskappe. Dis uit China, Pakistan, Indie, Nigeria.. .

Ons behoort bekommerd te raak daaroor, maar ook die geleenthede daarin sien.  My bekommernis is: Ons plaaslike mense word beinvloed deur buitelanders se denke. Hulle is stadig maar seker om die status quo te verander, terwyl ons net sit en toekyk. Moet my nou nie aanvat oor zenophobia nie, dis nie waarop ek sinspeel nie, maar die gevaarligte flikker. Indonesia was ‘n christen land tot so in die sestiger jare, vandag is dit ‘n moslem land met minder as 10% christene. Dink daaroor. Kyk na die res van Afrika, wat is besig om in die noorde te gebeur. As jy nie weet nie, vind uit.

Moet ons fokus nie terugdraai na ons land nie?

Is hier nie ‘n groeiende behoefte aan sending nie?

Een ding moet ons besef. Daar is nie ‘n NG Kerk hemel, of ‘n AGS kerk hemel, of ‘n wit hemel, of ‘n swart hemel ens. nie! ‘n Hemel vir elke denominasie en kleur, ja? Sodoende gee ons geleentheid vir ander gelowe om vastrap plek te kry.

Pasop Suid-Afrika pasop! Wees bewus wat rondom ons aangaan. Ons moet ons deure oopmaak en ons moet by onse mense begin, dan sal die Gereformeerde kerke nie leegloop nie.

Ons is nog gemaklik in ons omgewing, ons is veilig in ons kerkies. Pasop vir die dag wat ons as christenne vervolg begin word, wanneer ons in vrees moet leef oor ons geloof. Pasop vir daardie dag. Die kruis buite ons dorp beskerm ons.

Kruis by die ingang

Ons dorpe spog met kruise ja. Oral is dit sigbaar, soms meer as een. Wat beteken daardie kruis werklik? Net nog ‘n simbool, ‘n teken om te wys, Hy was daar?

Ek wil nie nog vrese aanwakker nie, maar ek wil ‘n beroep doen op onse mense om te besef, hier, nie daar doer nie, is ‘n groeiende behoefte vir sending binne ons eie land, binne ons dorpe en meer nog binne ons kerke.

Een uur per week! Dis net om die gewete te sus. Dis ‘n vier en twintig uur taak, anders gaan ons die vrugte pluk.

Seg Bloedbek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: