Windpompe altyd ‘n treffer

Ek is stomgeslaan oor die gewildheid van windpompe. Daardie torings wat so stilweg voggies uit moeder aarde trek. Ek merk daar is selfs ‘n facebook blad oor windpompe.

Maar wie kan dan ‘n windpomp weerstaan. Dit is deel van ons landskap soos biltong en rugby is vir onse mense.

Gaan staan langs ‘n windpomp em luister hoe gesels daardie staal monster met moeder aarde se dieptes. Sommige klingel ander suis stilweg en hou altyd die kop in die wind. Dan is daar die misterie rondom die windpompe wat nie meer werk nie. Dit staan nog, sommige met wiel en al, ander net ‘n afkop toring, wat een op ‘n tyd water gegee het vir mens, plant en dier.

Windpomp met sonsopkoms in die karoo

Windpomp met sonsopkoms in die karoo

Elke windpomp het ‘n storie om te vertel. ‘n Geskiedenis van vooruitgang en soms agteruitgang.

Ek hoor graag jou windpomp storie!

One Response

  1. Ek gaan binnekort ‘n windpomp hier by my huis in Johannesburg oprig, maar het geen idee hoe om dit in die grond of op ‘n sementblad vas te heg nie. Hoe word die stellasie staan gemaak. Sal graag wil weet. Dit gaan glad nie water pomp nie ek gaan dit net oprig omdat ek windpomp gek is. Groetnis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: