Bloedbek is stomgeslaan

Die laaste keer wat ek iets op die blad geplaas het was gedurende Augustus 2013. Ek het belangstelling verloor in blogging punt. MAAR groot was my verbasing toe ek vandag besluit om weer bietjie op die blad rond te krap en gevind ek het al oor die 12,700 besoeke gehad sedert ek die blad begin het. Stomgeslaan seg ek julle. Ek besef dat hierdie aantal, ‘n klein persentasie is van gewilde blogs, maar in my boeke is dit fenominaal .

Ek besluit dadelik om darem aan al die lesers mee te deel dat ou bloedbek nog heel gesond en aan die gang is. Besig met anner dinge natuurlik.

Dankie vir die voortgesette ondersteuning.

Ek lees op ‘n vorige plasing dat ek onderneem het om weer meer gereeld te skryf, maar het nie my woord gestand gedoen nie en daarvoor moet ek verskoning vra. Ek gaan nie weer so ‘n roekelose onderneming gee nie (LOL).

Ek moet twee van my artikels uitlig:

1. Druiwekonfyt. Ek is baie verbaas oor die gewildheid van die resep, dis die artikel wat verreweg die meeste besoekers trek. Ek wonder hoeveel konfyt is daar al gemaak met hierdie resep?

Druiwe

 

2. Windpompe. Mense bly gefasineer met windpompe en dit is tweede op my ramglys van gewildheid.

 

Windpomp met sonsopkoms in die karoo

Windpomp met sonsopkoms in die karoo

Ek maak die afleiding kos en water dis wat mense prikkel. Dit is ook die twee goed wat ons die meeste kopsere gee. Gaan daar genog daarvan wees om die voete op die planeet te voed oor 10/20 jaar van nou af? Wat is jou mening?

 

One Response

  1. My mening is dat oor 10 of 20 jaar sal dit net soos nou wees:

    genoeg kos op die planeet, maar so ‘n skewe verdeling van rykdom dat groot massas honger ly, terwyl klein elites in weelde lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: