Gewapende roof, nog ‘n plaasaanval, huis inbrake, nog misdaad….

Waar gaan dit stop?

Die slegte nuus dit gaan nie!

Die res van die aardbol is besig met hul eie probleme. Ons kan skree en vra vir hulp van die buiteland, dit gaan ons nie uit ons huidige posisie haal nie.

Ek wil nie deel wees van “net nog ‘n artikel oor geweld en misdaad” nie. Ek skryf ook nie hierdie artikel op grond van iemand, wat iemand ken, wat deel van die statistieke is nie. Ek was self betrokke in ‘n huisroof, maar het baie lig daarvan afgekom, ‘n paar blou kolle en gedagtes van weerwraak. Die aanvaller was op daardie stadium uit op parool. Drie maande nadat hy gevonnis is vir sy aanval by my huis, is hy maar weer uit parool. Ons regsstelsel is bloot nie in staat om te doen wat dit moet doen nie.

Kom ons leer uit mekaar se foute en maak self ‘n verskil om die steeds groeiende geweld in ons land hok te slaan.

1. Die grootste fout wat ons maak is om te dink dit sal nie met my gebeur nie.

2. Ons is nie paraat genoeg nie.

3. Ons hoop dit sal gou beter gaan, dit gaan nie.

4. Ons weier om te aanvaar ons bly in ‘n geweldadige land.

5. Ons bly hoop dat iemand anders die probleem vir ons gaan oplos.

Ons kan in sak en as gaan sit en geduldig wag om ook ‘n slagoffer te word, of ons kan ‘n besluit neem tot hiertoe en niks verder nie.

Ons kan deel wees van die geweenklag oor hoe dinge agteruit gaan in ons land en heeldag met negatiewe gedagtes rondloop en wag vir die volgende gesprek om mee te help om negatiwiteit aan te blaas.

Daar is dan ook die opsie om die land te verlaat, wat bloot beteken, ons het handdoek ingegooi.

Dit het lankal tyd geword dat ons die oogklappe moes afhaal en te besef die werklikheid waarin ons, ons bevind gaan nie verdwyn nie, dit gaan inteendeel net erger word en ons moet daarvolgens begin optree en dink, indien ons ‘n toekoms vir ons en ons kinders wil verseker in hierdie pragtige land.

Dit is hoogtyd dat ons weer ons koppe lig en opstaan teen dit wat besig is om ons land te vernietig.

Ons kan nie bekostig om te wag vir iemand anders om dinge vir ons te verander nie.

Elkeen moet verantwoordelikheid aanvaar om self  ‘n verandering te maak. Elke positiewe tree wat ons gee, is ‘n tree nader aan oorwinning.

Ek kan nie verstaan hoe ‘n nasie wat al die nodige kennis en kundigheid het, net so kan sit en wag vir dinge om te gebeur nie. Hoeveel keer hoor ons in gesprekke van “ons weermag was so goed en dit en dat…”  Dit terwyl meeste van die gesprekke gevoer word deur manne wat self in die weermag was en die nodige opleiding gehad het. Voor julle my verkeerd verstaan, ek praat nie van oorlogvoer teen dit wat besig is om te gebeur nie. Ek praat van die “skills”, die kundigheid, die kennis wat daar geleer is oor paraatheid. Dit is een van ons grootste tekortkomings tans – PARAATHEID.

Ter afsluiting, hierdie plasing is na aanleiding van wat weereens oor die naweek in ‘n gesprek na vore gekom het. Ek het net daar en dan besluit. Ek wil ‘n verskil maak en as ek net een leser kan help dan het ek ‘n positiewe bydrae gelewer om een persoon te waarsku teen ‘n moontlike aanval. Dit was die muse wat ek nodig het om weer ou Bloedbek se blog nuwe lewe te gee.

Ek moet darem byvoeg toe ek my aanvaller in die gang sien, weet ek steeds nie wie die grootste geskrik het, ek of hy nie, dit moes hy wees want om ou Bloedbek net geklee in sy jogger, se boepens en bakbene op jou sien afstorm is genoeg om selfs ou Batman nagmerries te gee.

Seg ou Bloedbek vir vandag.

 

 

 

2 Responses

  1. y het ‘n punt. Hulle weet alles van paraatheid, maar sal dan donker aand tuis kom en sonder links of regs kyk die hek oopmaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: