Ek is ‘n miljoener!!

My email en selfoon ry lekker op die gravy train!

My selfoon het al miljoene geerf van afgestorwe familie lede wat ek nie ken nie. Ek kon al miljoene ontvang het uit kontant vanaf Irak. As ek wou kon ek ‘n weeskind van Timbaktu se erf porsie bele en as enigiste erfgenaam van ‘n familie lid, wat ek nie ken nie, wat dood is se erflating van miljoene geerwe het.  Die lys gaan aan en aan. Miljarde seg ek jou.

Vandag het die United Nations weereens ‘n vet bedrag aangebied. Man dis lekker om net te ontvang.

Ai hoe spyt is ek darem nou.

Ek kon sommer ou Zumpies se Nkandla vir hom gebou het, dan was hy nie in sulke groot verleentheid nie en sommer tannie Madonsella ‘n groot klomp probleme gespaar.

Vir ou vader krismis , dis nou Juliusssie, ag shame, vir hom sou ek sy tax betaal het en vir hom ‘n graad gekoop het op die web, dan sou hy dalk nie soveel gespot word nie. Het hy en sy bediendes nie pragtig gelyk in die parlement gister nie, reg vir “werk”. Eish my tuin kort ‘n regruk.

Maar, as julle my nie glo nie hier is die bewys. Ek is seker dat die United nations nie sal omgee as ons almal sommer die geleentheid aangryp om te skep nie, dis mos aan al die email gebruikers gerig. Wonner nou net waar gaan hulle al die geldtjies kry as ons almal die aanbod aanvaar.

United nations

 

 

 

 

 

 

2 Responses

  1. Ek sit in die ysige koue by die karwas. Die kerk leen ons bus om sendelinge te gaan wys hoe wild Afrika is. ( deur die pilanesberge!). Nou moet ons maak of ons orsentlim is en altyd n skoon bus ry. Ek sit en werk hier en vrek regtig vd koue! Ons bly net aan die agterkant vd uniegeboue en kan Zuma se pta huisie sien v ons af. Hier word die naweek groot party gehou. Die busse wat die hoendervreters gaan vervoer het al gister 2 uur die oggend begin arriveer. Punt is: ek het my 2 hoendertjies veilig weggesteek, maar het lekker gesit en giggel hier by die karwas. Ek dink dis goed dat jy nie hier bly om te sien hoe jou geld gemors word nie. Dankie. Ek geniet jou!

    • Dankie vir die kommentaar op Bloedbek se plaas. Julle weet nie van koue nie mens. Die karoo kan koud raak. Jip Saterdag is weer n “groot dag in ons geskiedenis” vir al die Kyefsie eters. Onse whities sal maar net toekyk hoe ons swaarverdiende geldjies vermors word. Ek is darem nie so vreemd met julle omgewing nie. Het my eerste etoll rekeing gekry, R288 net vir ‘n heen en weertjie. Kom kuier gerus weer. Groete vanaf ou Bloedbek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: