Persoonlike veiligheid en sekuriteit

Ek gaan voort met die reeks oor misdaad en roof. Ou Langenhoven het mos gese, “die slimmes leer uit die dommes se foute en die dommes leer uit hulle eie foute”, of iets in der voge. Nou toe laat ons slim wees en uit ander se foute leer, meer spesifiek oor ou Bloedbek se foute… Elkeen van ons ken iemand wat al geraak is deur roof en geweldadige misdaad.

Ons is geneig om te dink dit sal nie met my gebeur nie. OF! Ons leef in die hoop dat dinge weer vinnig sal verander. SLEGTE NUUS! Dit gaan nie. Wereld wyd verskerp misdaad en geweld weens verkeie redes. Hier by ons kan ek nie sien hoe dit anders gaan wees nie. Verby is die dae van huise sonder diefwering en derglike voorkomende toerusting.

Ek wil nie ligtelik oor die saak praat nie, want dit raak soveel mense, om nie eens te praat oor die trauma wat daarmee gepaard gaan nie.

Ek wil ‘n onderskeid tref tussen die situasie in stede en die platteland. Ek dink die stedelinge is reeds ver gevorder om hulself voor te berei en die nodige maatreels te tref vir voorkoming van misdaad en roof. Op die platteland is dit ‘n totaal ander storie en juis daaroor wil ek my hoofsaaklik toespits op die platteland.

Wie teiken ‘n misdadiger, hoofsaaklik ‘n maklike prooi. Die verdomde barbare is te lafhartig om ‘n plek of persoon te teiken wat gereed is vir ‘n moontlike aanval.

Laat ek eers met julle ou Bloedbek se geval bespreek. Wat het dan verkeerd gegaan? Blote slapgatgeit seg ek julle.

Sondag middag ou Bloedbek se pensie is lekker vol skaaptjops en malva poeding. Ek en Liefie betrek die katel net om die magies te laat sak. Mensig skaars slaan my kop die kussing en die honde begin aan die voorkant te raas, ek vlieg op en gaan maak hulle stil, sonder om te kyk wat rerig die rede vir hulle geblaf is. Die derde keer toe ek opvlie was dit ‘n ander storie. Toe ek my kop om die kamerdeur druk sien ek vir Ta  van die anderkant van die gang afsluip, gewapen met my braai se vuuryster, ‘n soliede stuk yster om die kole te roer, reg vir slaan. Omdraai om my te bewapen kan ek nie, hy is byna by die kamer waar my dogters is. Aanval is al wat oorbly. Ek weet nie wie die grootstste geskrik het ek of hy nie, maar as jy vir ou bloedbek net in sy Ptbroek sien sal enige mens skrik en nagmerries kry. Ek val aan, soos ek laas nog in die vorige eeu met rugby gedoen het. Ons is altwee byna gelyk by die kombuis se ingang en op daardie stadium vang my oog nog twee gevrete, besig om my yskas uit te pak. Gelukkig op die plankvloere klink voetstappe soos ‘n opmars, om nie eens te praat hoe dit sal klink as ou Bloedbek storm nie. Weet julle hoe lyk dit as drie pikstele gelyk by ‘n deur wil uitstorm? Wel hulle is al drie gelyk by die agterdeur uit. Hulle het duidelik nie teenstand verwag nie. Beloon met ‘n paar vieslike kneusplakke het ek een gevang. Dit was een adder wat reeds op borgtog uit was vir huisbraak. Hy kry 3 jaar, maar is na ‘n jaar weer op vrye voet. Intussen is hy weer gevang vir huisbraak en die storie gaan hom bloot herhaal. Alhoewel die polisie redelik vinnig op die toeneel was, kan ons nie veel pyl trek op ons regsstelsel nie.

Ek was gelukkig net ‘n paar blou kolle, MAAR wat het ek verkeerd gedoen?

1. My agterdeur was nie gesluit nie, ons bly mos in die platteland, waar almal vir almal ken. Misdaad gebeur nie hier nie.

2. Ek het ‘n baie gevaarlike wapen tot sy beskikking gestel deur nie enige item wat as wapen gebruik kan word, te bere nie.

3. Ek het in hulle strik getrap. Hou die honde voor besig en die res gaan doen hulle ding agter. Groot fout.

4. Wees bedag wanneer jou honde blaf, dit is nie om dowe neute nie.

Moet nooit dink jy sal nie deel van die statistiek word nie, ek het baie lig daarvan afgekom.

Kom ons leer uit mekaar se foute en wees voorbereid.

Volgende week praat ek verder oor ons veiligheid…

Seg Bloedbek

PS Ek is nie ‘n misdaad kundige nie, ek praat bloot uit my persoonlike ondervinding en natuurlik is ek ook besig om bietjie navorsing te doen om meer kundig te raak. Sonder om paranoies te klink, dalk is “one bullet one settler” genoeg rede om meer paraat te wees.

4 Responses

  1. Ek het as verslaggewer baie praatjies oor veiigheid bygewoon. Die ouens wat regtig wee sê jou heel beste alarm is ‘n klein hondjie binne die huis, dan ‘n veiligheidshek tussen jou en die leefarea, dan eers ‘n alarm en groot honde buite.

    Bly die voorval was nie te ernstig nie.

  2. Murphy jy is vergewe. Daar is so min mense wat kommentaar lewer dat ek nie kan bekostig om die enkeles wat dit wel doen nog te vervreem ook nie.

Lewer kommentaar