Lucky se blaps

Lucky, soos ek lank terug vertel het, is die straatbrak wat nie meer ‘n straatbrak is nie, hy is nou vir ‘n geruime tyd reeds deel van die familie, opgeneem en aangeneem as deel van Bloedbek se familie.

 

DSC02406

Ou Lucky is nie veel groter as ‘n tuisgebakte brood nie, maar so heldhaftig soos ‘n leeu. Bang vir niks of niemand nie.

So gebeur dit nou anner dag wat ou Lucky sy gat verskriklik wip vir ‘n kat wat buite die erf die pad kruis. Sonder aarseling storm die leeu, ek bedoel Lucky, op die kat af, maar kat se meneer staan doodstil en wag vir hom. Lucky is so ‘n meter van die kat af toe  hy besef, Kat move nie en kat is beslis nie bang nie. Hy trek sy handbrieke op, dat die roook draai, gly en tol soos ‘n rally kar  tot binne die bereik van die wagtende kat. Kat trek los en kap vir Lucky soos ‘n Mohamed Ali van ouds, links regs, links regs en voor ou Lucky tot sy sinne kom het hy ‘n paar dwarsklappe gekry wat hy nie gou sal vergeet nie.

Ou Lucky reverse, maar ai, hy word gekap, link en regs, die hare waai. Ou Lucky se geblaf, wat meer klink soos ‘n hulpkreet help niks en uiteindelik kry hy dit reg om buite die kat se bereik te skarrel en vlie om terug hek toe, sy ego is duidelik gekrenk en hy kyk nog weer so twee keer om en gee sulke halfhartige waarskuwings, sy hore hang, want hy het sy eerste fight met ‘n kat vernederend verloor.

Lucky storm die erf binne en agter die veiligheid van die hek laat loop hy weer in die kat se rigting wat klink soos “Jy was lucky, maar kom net in hierdie jaart en ek vreet jou op”. Sedertdien loop Kat sommer kortpad hier neffens ou Lucky oor die pad en Lucky seg niks meer nie, Kat knipoog vir ou Lucky en Lucky weet, Kat is nie sy maat nie.

 

Veilig op sy Duvet

Veilig op sy Duvet

Sedertdien fokus Lucky op straat varke, donkies, skape, bokke en die posman en alles wat roer voor sy jaart, behalwe kat se kind.

Lekker donderdag vir almal en hou die wiele op die teer asseblief.

 

 

 

4 Responses

  1. Arme ou Lucky. Kat se kind is ‘n arrogante vloeksem. (Herinner my, nes boejaan se kind, aan sekere elemente in die samelewing.) Hy sal weer ‘n kans kry om koning te kraai.

  2. Lekker gelees. Ons het eens op ‘n tyd ‘n malteser gehad wat ook die kat op my ouers se plaas so aangedurf het. Toe hy sien kat gee nie pad nie, het hy ewe nonchalant maar bo-oor die kat gespring en verder gehardloop asof dit maar nog altyd sy plan was!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: