7 Dinge wat ons veiligheid benadeel.

Ek gaan voort met die reeks oor  sekuriteit teen misdaad.

As dit die eerste keer is wat jy hieroor val, gaan lees maar gerus my vorige plasings oor misdaad, geweld, aanvalle ens. Indien jy dink jy is te slim en ken alles, lewer  dan ‘n kommentaar en maak ‘n bydrae, of moenie jou tyd hier mors nie, gaan drink eerder nog ‘n koppie koffie, of gaan doen dan eerder iets konstruktiefs man.

Stap 1. Paraatheid

Eerder die gebrek aan paraatheid. Daar word baie hieroor gepraat en steeds is ons nie. Misdadigers soek ‘n maklike prooi en teiken juis mense wat dit die minste verwag. Elke misdaad word beplan. Moenie dat jy die volgende maklike teiken word net omdat jy aanneem dit sal nie met jou gebeur nie.

‘n Persoon wat gereeld op plase kom, vertel my hoe agterlosig mense is. Dit gebeur gereeld dat hy by ‘n plaaswerf kom waar daar nie ‘n mens of dier in sig is nie. Huisdeure staan oop. Werkskamers en stoorkamers se deure staan oop. Dit lyk asof mense die boosdoeners wil uitnooi.

Maak paraatheid ‘n deel van jou lewe, leef dit, beoefen dit. “Practice makes perfect” 

Stap 2. Tekens

Ek self het nog nooit enige van die tekens gesien nie, maar ‘n polisieman vertel my dis ‘n feit. Dit gebeur wel. Daar is baie inligting rondom die tekens wat misdadigers gebruik wanneer ‘n misdaad beplan word. Daar is baie inligting op die web en ek gaan nie in diepte daarop ingaan nie. Gaan Google dit gerus en raak bewus daarvan.

Wees ten minste bewus van dit hoe misdadigers hulle self voorberei.

Stap 3. Vreemdes

Ken jou omgewing en sy mense. Op die platteland ken almal vir almal. Hier is dit makliker om vreemdes op te merk, maar weereens as jy nie oplet wat rondom jou aangaan nie, is jy reeds ‘n teiken. Moenie huiwer om ‘n vreemde te nader en ‘n gesprek aan te knoop om uit te vind wie is hy/sy, waar kom hulle vandaan, waarheen is hulle op pad. Moet nou net nie die persoon konfronteer nie, dan gaan jy ‘n bloutjie loop. Vriendellikheid kos niks. Waarsku ook maar vir die bure. Daardeur kan jy ‘n potensiele misdaad voorkom.

Beskerm jouself teen moontlike indringers, maar beskerm ook jou buurt!

 

Stap 4. Werknemers

Hoeveel keer al is daar nie gevalle dat werknemers betrokke is by ‘n misdaad nie?

Ken jy jou werkernemers se agtergrond, weet jy waar hy/sy woon. Het jy ‘n foto van die persone in diens, selfs tydelike werkers. Ek neem altyd ‘n foto van nuwe arbeiders. Die sielkundige waarde van ‘n foto help baie, want nou weet die werker hy/sy kan maklik geidentifiseer word. Neem dit ‘n stap verder en maak sommer vinger afdrukke ook. Met vandag se selfone is dit soveel makliker om dit te doen. Dit skep ook die indruk van parate optrede.

Moenie enigeen sommer van die straat af kry vir take nie, werk eerder op verwysings.

Die makste honde byt die seerste. Werknemers wat lank in diens is kan maklik die pad byster raak, of selfs teen hulle wil betrokke raak by misdaad beplanning teen jou en of jou gesin. Ken jou werker en dit sal makliker wees om ‘n verandering in hulle gedrag op te merk.

Beter nog, doen jou eie werk, as die Amerikaners sonder hulp kan klaarkom, ons kan dit beter doen, of wat seg ou Bloedbek nou?

Stap 5. Roetine

Dit is ‘n baie maklike aanduiding vir ‘n misdadiger  of  jy ‘n maklike of moeilike teiken gaan wees.

As jy altyd dieselfde roetine volg, is dit ‘n “dead give away”. Waar daar slegs enkele persone in ‘n huis woon en dieselfde ligte brand elke aand, weet Ta waar die mense in die huis rond beweeg. Tienuur, slaaptyd en alle ligte uit en veral waar word die laaste lig gedoof, dis mos logies waar daardie persoon hom bevind. Elke oggend sesuur word die motor uit die garage getrek. Daar is vele meer voorbeelde om te noem. Gaan kyk maar weer hoe roetine vas is jy. ‘n Laaste opmerking oor roetine: As jy elke dag dieselfde patroon volg, raak jy so afgestomp om dinge rondom jou waar te neem dat jy ook nie ‘n moontlike gevaarteken gaan raaksien nie. Het jy al by die werk gekom en skielik gewonder of jy wel jou tanne geborsel het, of jou bloeddruk pille gesluk het, of jou kind by die skool afgelaai het? Dit is roetine se krag, jy voer jou roetine soos ‘n robot uit en slaan nie ag wat rondom jou gebeur nie.

 

Die een roetine wat jy moet aanleer is om altyd seker te maak, deure en vensters is gesluit en die alarm is geaktiveer as jy een het.

Wees kreatief en breek die gevaar van roetine!

Stap 6 Mi Casa Su Casa

Is jou huis ‘n ope uitnodiging vir ‘n misdadiger om in te kom? Nie ‘n enkele woefie binne die jaart wat kan raas nie? Hekke wat oople, tuingereedskap net daar waar jy dit laaste gebruik het, of jou tuinier wat nie die tuingereedskap gebere het nie? Besef jy hoe gevaarlik en handig jou braai toerusting in die hande van ‘n misdadiger is? Of jou tuinsker wat jy sommer daar op die tafel gelos het buite op die stoep?

Of ons dit wil glo en aanvaar of nie ons moet ons huise beveilig en voorkom dat ons nie maklike teikens is nie!

Stap 7. Goedgelowigheid

Veral die skoner geslag moet hierteen waak. Moenie net jou deure oopgooi vir enige vreemdeling nie. Maak eers seker die persoon aan die anderkant van die hek of deur is die persoon wie jy dink dit is.

Pasop vir wolf in skaap klere. Ons kan nie meer net aanneem dat almal nie slegte mense is nie. Wees oplettend en waaksaam.

Laastens, gaan kyk weer hoe lyk jou sekutriteit, stap vir ‘n slag weer deur jou hele erf en kyk bietjie na swakplekke in jou sekuriteit om jouself weer te gewis van wat jy moet doen en kan doen om jouself te beveilig.

Ruik sommer terwyl jy buite is weer aan die blomme in jou tuin, Asem weer ‘n slag diep asem in en besef dat ons steeds in die beste plek op aarde bly. Ja man inplaas van om jou koffiekie voor die teevee te slurp gaan loop drink hom daar buite oppie stoep of sommer so in die stap terwyl jy sommer net stil raak en luister. 

Die oggendstond het goud in die mond

Die oggendstond het goud in die mond

Volgende keer gesels ons oor wat onskan doen om ons sekuriteit op te knap met ‘n beperkte begroting.

 

 

4 Responses

  1. Aha ek is bly ek het jou ontdek. Sal beslis weer hier kom lees.

  2. Rondomtalie draai, wees gerus ek raak nie gou opgewonde nie en kan baie verduur. Jy hoef nie fyn te trap nie, trap vas en wees uitgesproke, want ek hou van mense wat uitgesproke is. Weet kinders nog wat is rondomtalie? Ek wonner…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: