Musiek in my ore Woensdag humor

In elkeen van ons, wel ek dink die meeste van ons is daar ‘n musikant wat wil ontdek word.

Wie sing dan nou nie in die stort nie, of loop soms en neurie ‘n deuntjie nie?

Ou Bloedbek is geen uitsondering nie, maar laat ek darem nou eers die storie terugvat, ver terug….

Kyk ou Bloedbek moes ‘n musiek talent ontvang het, Oupa was ‘n vioolspeler. Ek onthou nog die dae van die vakansies by Dwarskersbos waar die manne met kitaar, viool en konsertina musiek gemaak het en die groot mense gedans het dat die stof so staan. Pa kon sing, hy het selfs ‘n plaat laat sny in ‘n kiosk iewers in Johannesburg, dis nou lank terug, want die plaat het nog op ‘n grammefoon gewerk. Ek dink dis mos genoeg gene om aan ou Bloedbek deur te gee, of nie?

My eerste ontmoeting met my eie kitaar was toe ek skaar kon loop, het so stillitjies saam met ou Elvis my kitaar geslaan terwyl die grootmense rock and roll. Dit was die tyd toe die grootmense nog partie gehou het en dan was daar altyd die Beatles en Elvis wat hulle voete laat heuk het. Elke geleentheid was ‘n rede om te kan dans, twist en rock en roll. Die sestigs en sewentiger jare was lekker jare.

My tweede kitaar het ek as tiener aangeskaf, ‘n desent kitaar, maar toe daag Johan op met sy 12snaar en ek kwyl, maar ek oefen, het selfs ‘n manual gehad. Johan help kliphard leer, want hy kan. Ou Bloedbek leer ‘n paar drukke, maar eina, die wysies klink nie naastenby soos dit moet nie, ek en my kitaar word selfs die huis belet en so land daardie kitaar iewers in ‘n pawnshop, geruil vir ‘n trompie en ‘n bekfluit. Selfs dit wil nie reg klink nie.

Die jare loop aan en Bloedbek het ‘n laaitie en hy wil ook leer kitaar speel. So skaf Bloedbek twee kitare aan een vir Bloedbek junior en een vir homselwers. Dalk het daardie musiek geen darem nou sy verskyning gemaak en daar word begin om kitaar te speel. Ons verwilder die honne en katte, vervreemd ons geliefdes, want sien ou Bloedbek se vrou en twee dogters speel klavier, omdat hulle kan en skierlik het hulle kompetisie sien. Dit gaan woes in Bloedbek se huis. Liefie is lekker moerig oor al die lawaai en die twee bloedbekke, dis nou ekke en Bloedbek junior besluit ons gaan kitaar lesse neem. Daar word dit dan ook gereel en die fooie word betaal. Bloedbek en Christine, dis nou my persoonlike musiek tutor, begin die eerste dag van die nuwe kwartaal, sy is verheug want sy het twee nuwe studente om die musiek bedryf in te stuur. Bloedbek is die bliksem in want hy betaal duur vir die lesse, maar Bloedbek Junior sien jy nooit oefen nie, terwyl ou Bloedbek die lesse baie ernstig opneem en soos klokslag elke dag oefen. Liefie is nou eers moerig, want alles in haar huishouding staan stil, die gras word lank die bome verdroog, want Bloedbek leer kitaar.

Week na week gaan verby en weke word ‘n maand, maar die klanke uit Bloedbek se kitaar klink siek man, siek seg ek jou. Uit die hoek van my oog kon ek ook sien my musiek tutor se opgewondenheid het verander in wanhoop. Sy is baie tevrede met Bloedbek junior se vordering, want sien sy moet terugvoering gee, ek betaal mos. Ek verstaan nie, want ek sien die klein bliksem nooit oefen nie.

Die einde van die kwartaal breek aan en Christine, my tutor, wag my in met ‘n anderste kyk in haar oog, terwyl ek steeds hoopvol is vir ‘n loopbaan as kitaar speler in die musiek bedryf, Hel man, daar is nie ‘n druk wat ek nie ken nie, A<B<C<D<E<F<G<H<I<J<K, ek ken die lot man uit my kop uit seg ek jou. Christinne het ander planne, geld is darem nie alles in die lewe nie. Sy seg ons het ‘n belangrike besluit om te neem: Sy stel voor ek gaan nou eers die volgende kwartaal by die huis oefen en as ek daarna gereed is sal sy my weer begin afrig. Haar laaste woorde aan my was “Hou net so aan dit sal beter word, oefen gereeld, jy het talent”, kak man dit was net haar manier om op ‘n baie diplomatiese manier te seg, “voertsek”. Christinne was goed hoor, want as sy my met ons laaste gesprek sou afraai om naby ‘n kitaar te kom, sou ek waarskynlik ‘n sielkundige letsel oorgehou het.

Dit neem my ‘n kwartaal om weer Liefie se plek in ‘n leefbare ruimte te omskep. Ek sien moord gedagtes in Liefie se oge as dit lyk ek wil my kitaar optel en ek raak self huiwerig, want Bloedbek junior, die klein bliksem speel al “The house of the Rising Sun” asof hy die lied self geskryf het en dis een van die eerste liedjies wat ‘n kitaar speler kan speel, behalwe ekke. My rendisie van die lied klink soos ‘n oorlog opmars, met die ondertone van ‘n Anton Goosen wat ‘n Jimmy Hendrix probeer namaak, dit maak die honne en katte siek, selfs die budgie ly nou aan depressie.

Bloedbek junior het nou twee kitare en ou bloedbek, wel hy hou hom maar besig met die CD speler. Ek sing darem nog in die stort, maar weier volstrek om na “The House of the rising sun” te luister.

Maybee moet ek die bongo drom leer speel…

Bloedbek junior en sy orkes op skool, hy is die ene links

Bloedbek junior en sy orkes op skool, hy is die ene links

Woensdag groete en hou die wiele oppie teer, betaal jou EToll, of loss dit ook maar.

Seg ou Bloedbek

 

 

5 Responses

  1. hehehehe… jy het my innige simpatie

  2. Ai man…. nou kan ons mos nie almal daai gene hê nie. Ek het ongelukkig ook my ouers se musiekgene geërf. En hulle kan glad nie musiek maak nie…

  3. Hoe klink dit my ek word ge-bejammer. A nee a! Dit was nou glad nie my bedoeling om simpatie te soek nie. Ek het met my verwronge sin vir humor oor myself die spot gedryf. Bloedbek se broer seg moes al lankal ek het ‘n verwronge humor en uitkyk op die lewe. Maar lees die storie bietjie dieper want daar is ‘n storie agter die storie. Hopelik het ek darem een of twee lagplooie geprikkel..

  4. My kitaarlesse het gevorder tot “Jy moet die naels aan jou linkerhand kort sny. Toe sE die Olga ‘n vinnige koebaai.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: