Wie is Bloedbek?

Die skuilnaam is simbolies in vele opsigte. Dit kan beteken ek is bloedbek deur die lewe geslaan, of dit kan wees dat ek bloedbek gee. Dalk is dit simbolies van die tye waarin ons leef, maar uiteindelik kan ons onsself vereenselwig met ‘n bloedbek, omdat ons almal waarskynlik al bloedbek was, of gegee het, of een gesien het.

In my geval is dit ‘n kombinasie van alles en nog meer.

My lewe was nog altyd een groot “roller coaster”. Die meeste mense stap ‘n pad volgens streng riglyne, neergeleg deur of hulself, of soos voorgeskryf as gegewe deur dit wat die samelewing verwag.

My lewe is ‘n voortdurende eksperiment. As ek een “eksperiment” baasgeraak het beweeg ek aan na die volgende. Die voordeel daarvan is dat ek waarskynlik meer ervaar en beleef as die gewone persoon.

Ek wou op 50 uittree en ek het. Maar nie op die manier wat ek beplan het nie, o nee bloedbek se lewenseksperiment is nog nie voltooi nie. Dis ook deur hierdie eksperiment wat ek op “blogging” afgekom het…

 

 

 

 

 

 

 

17 Responses

  1. “Die lewe is reeds so ernstig en vol dinges dat in hierdie spasie nie tyd verkwis sal word met polities korrekte optredes nie.”
    Bloedbek, so ‘n bek moet jêm kry!
    Skoon jaloers op jou en Liefie se Tarzan & Jane speletjies, klink vir my so reg.
    Antie hou van wat ek lees en sal weer kom kuier, hopelik sal ek koffie kry, as ek die melktert saambring?

  2. Hoe het Antie geweet ek laaik melk tert. Koffie en melktert dan. Baie dankie vir die pragtige woorde ek waardeer dit so, ek gaan vir Liefie ook wys. Sy laaik dit tog ook so as sy mooi goeitjies lees, Weet antie sy huil sommer ok as sy bly is, maar eish kan daai Liefie kwaai raak as ek nie my klere agter my optel nie, eina.

  3. Hallo Bloedbek.

    Het nou lekker gelees.

  4. Hi Bloedbek,

    Dankie vir jou eerlike terugvoering van my blog inskrywing , maar vertel my asseblief iets? Het jy n probleem met my grammatika (eks bevrees daar is nie spelfoute nie) of het jy net n piere vendetta teen n volkstaat? Jy’s regtig geregtig op jou opinies en ek waardeer dit , maar dis onnodig en swak styl om iemand op sy blog so aan te val.

    terloops, hier is net ‘n paar spelling en grammatika foute met jou swak geskrewe artikel op jou blog bloedbek :

    -“selfoonopvangs” is twee woorde (selfoon opvangs)
    -“nerens” kort n kappie (nêrens)
    -“buitewereld ” kort n kappie (buitewêreld)
    – “selfoonkie” spelfout (selfoontjie)
    -“smse” spelfout (SMS’e)
    -“vroeer” moet vroeër wees.
    -“koute” spelfout (koue)
    -“laaik” daas nie so woord nie (Like is engels tjom)
    -“wonner” spelfout (wonder)
    -“fotokie” spelfout (foto’tjie)
    -” gelee” moet ook geleë wees

    …en die lys gaan aan en aan my vriend , so hou op mense se blogs te lees en spelfoute te soek , dit maak jou nie slimmer of beter nie.
    🙂

    • vandervlamme ek wil jou graag bedank vir die proeflees van my blog, maar dit skeel my maar min hoe jy voel ou grote, hierrie is my space en hie maak ek soos ek laaik. Ek is nogal kieskeurig wie ek vriend noem, jy is op hierdie stadium bloot nog ‘n gesiglose in die virtuale ruimte wat heeltemal te familier met my is deur my jou vriend te noem.

  5. Aangenaam Bloedbek.

  6. Ja dit is hartseer as jy kyk na al die kak wat ons deesdae MOET koop want koop moet jy koop tensy jy jou vinger uit jou neus haal en self n ietsie plant maar dit daar gelaat,my ongelukkigheid le by ons fuctup boere wat geen trots meer het in hulle produkte nie,die artappels is vol merke,elke sak het tot drie vrottes in,ek weet nie wie klas die goed nie maar hy of sy weet vokkol van kwaliteid nie,jy moet deesdae n kombuis chainsaw aanskaf as jy n tamatie toebroodjie wilmaak want die goed is dikvelliger as die regering van die dag,ja ek verstaan die weer, kostes, arbeid, die plaas eise,belastings bankkostes,maar hel man diens en kwaliteit verkoop homself maar kak moet jy smous en daar is nie meer tyd daarvoor nie,nou vat jy ons VRUTEBOERE daars nou vir jou n fuctup klomp ,almal van hulle huil oor sy uitvoere,mos net die bestes moet uitgevoer word, dan moet ons met die kak tevrede wees wat agterbly,o ja en moet nie vergeet nie jy moet presies dieselfde betaal vir daai kak as wat hy vir sy uitvoer produk kry so ek as 56 jarige gewese tamatieboer is nie so poepol as dit kom by my kennis van boer nie julle, boere moet julle regruk dan sodat ons ook die goeie kwaliteit groente en vrugte wat jy selfs in 3de wereld straatmarkte sien, in ons supermarkte sien en moenie die supermark ieinaar blameer nie want die kak wat hy op die mark koop kom van jou af!!!!! So ja nou voel ek beter . Groete van Tjops

  7. net so kak soos 3 maande terug ,alles nog dieselfde geen nuwe artiekels nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    • Oom tjops, vir ‘n oom is jy nogal ongeskik. As dit 3 maande terug kak was hoekom weer kom kuier? Lyk my jou geheue is maar swak anders sou jy onthou het bloedbek se blog is kak en nie die moeite werd om weer te besoek nie. Tweedens dit is my blog en ek sal artikels plaas soos dit my geval en nie vir jou plesier nie. Have a nice life oom tjops.

  8. Ek het toevallig hier aangekom maar sal beslus weer ‘n draai kom maak… Geniet jou skrywe!

  9. Hehehe….ek like jou Bloedbek! Reguit op die man af…..jip, ek stem saam…dis jou blog en jy kan skryf hoe jy wil en wat jy wil. Doet so voort!!! Groetnis.

    • Dankie jong. Soos jy sekerlik sou gesien het, het ek maar lanklaas iets geplaas. Ek is nou op ‘n plek waar die internet so stadig is dis n groot moeite om iets op die internet te doen. Ek oorweeg natuurlik om Telkom aan te vat omdat hulle adverteer oor produkte en dienste maar dis nie oral beskikbaar nie. Ek mis die dae toe diens nog diens was. Nou probeer ek om darem die besoekers terug te antwoord. Welkom by bloedbek se tuiste.

  10. Ek het hier kom sit om inligting te soek oor windpompe. Toe kom ek op jou af. Jy maak my dag!!! Die inligting is in Afrikaans en dit het foto’s. Het nie nou tyd om alles te lees nie, maar sal beslis later weer hier ‘n draai maak. Ek het net so vinnig gesien jy kla oor Telkom. Dit maak ons vriende. Kan ek jou miskien voor die tyd laat weet waaroor my kinders ‘n taak moet uitwerk, dan doen jy dit vir my,( met foto’s)?
    Jy is my HERO!!!!

    • Welkom in Bloedbek se wereld. Jy maak my dag ook. Ek is bly ek kan van hulp wees met die inligting, maar jy vat ‘n vet kans as jy dink ek gaan skooltake doen. Ek sal wel kan help indien jy meer inligting benodig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: