Fruitcake resep

Die koek kan maklik verbrand, dis nou onse Suid-Afrika se fruit cake. Die perfekte resep vir die huidige omgewing waarin ons, ons bevind.

Wat het jy nodig:

Gebrekkige leierskap, Fyn uitgewerkte propoganda, Tandlose veiligheidsdienste, Onvevuklde beloftes, Ongeletterde en eensydig ingeligte jeug en Vele ander kan na eie smaak bygevoeg word.

Die proses om die fruitcake te vervolmaak:

Voeg die huidige ANC regering en sy uitgerekte struggle in die bak, natuurlik is die struggle lankal verby, maar dis nodig om die warboel aan die kook te hou. Die gaste gaan nog lank herriner word aan ‘n regime wat lankal nie meer verantwoordelik is vir die huidige gemors nie, maar die proganda waarde daarvan word gebruik om die seer van die verlede soos ‘n vrot sweer te laat aanhou borrel. Dit is die enigste manier om die huidige regering se onvermoe om die land te bestuur te verdoesel.

Voeg by voortdurende beloftes, wat nie haalbaar is nie, aan die huidige regering se ondersteuners voor te hou. Die voordeel wat die regering het en vir nog lank sal regkry, omdat Afrika nie tyd ken nie en die ondersteuners sal wag tot in vergetelheid. Pasop vir die dag wat hulle besluit genoeg is genoeg. Tekens daarvan is besig om te begin en dit gaan net groter en erger word.

Vir enige resep het jy smaak en geur nodig. Voeg by goedgegiste kamerade, soos Zuma, Mantashe en soveel ander kamerade soos jy goeddink. Voeg daarmee saam so ‘n ietsie om ‘n effense byt te gee, De Lille en Zille met ‘n knippie afriroom en solidariteit. Dit help om die fruit cake lekker te laat prut. Wees net bedagsaam dat laasgenoemde nie veel gaan doen om die koek te laat rys nie, net so effe sal laat borrel wanneer dit lekker prut.

Aanvanklik het hierdie fruitcake met die Madiba essence heel goed geruis en het hierdie mengsel ‘n egalige kleur ontwikkel. Toe het ‘n paar narre wat dink hulle kan kook begin om allerhande kleurmiddels by te voeg, polities korrekte afrikaanses, polities bang media, spesifiek afrikaanse gedrukte media, regeringsgesinde SABC en toe die malema poeier wat stilweg begin het om die koek se tekstuur te verander na ‘n koek wat skielik duidelike tekens van verskillende kleure begin wys. Ongelukkig is dit ‘n resep wat tot chaos kan lei, deels omdat die sommige van die  hoofbestandele se rakleeftyd reeds verstryk het.

Nuwe ingredients is nodig en dringend: Sterk leierskap wat versoenend optree en nie die mengsel met ‘n oormatige geroer meng nie. MAAR ook gaste wat druk op die roerproses plaas sodat daar ‘n duidelike boodskap aan die huidige regering kan deurgee, genoeg is genoeg. Die Steve Hofmeyers en Dozi’s kan dit nie alleen doen nie. As daar ‘n tyd was vir die afrikaanssprekende om sy stem dik te maak is dit nou, nie deur geweld nie maar deur subtiele rigting aanwysers, hul beursies. Vermy polities korrekte conglomorates. Daar is niks wat mense se koppe draai soos ekonomiese empowerment nie. Kyk watse ommekeer was daar na die depressie jare, bloot deur ‘n gestruktureerde eenheid van opstaan soos een man en self sonder hulp ekonomiese onafhanklikheid te bewerkstellig.

Afrikaanssprekendes het nou lank genoeg boetedoening gedoen en dit is verblydend om te sien hoe daar hier en daar individue is wat opstaan en tande begin wys. Die Blanke middeljarige man het lankgenoeg gebuk gegaan onder die skuldlas van die verlede en moet besef as hulle dit nie self gaan verander nie, niemand anders gaan die veranderings wat nodig is bewerkstellig nie. Ons kan bakhand staan tot in der ewigheid en tevrede wees met aalmoese, tensy ons besef ons hoef nie meer skuldig te wees oor ons verlede nie. Ons kan met trots weer begin praat oor die bosoorlog en die vermorste jare in die weermag. Ons kan met trots terugkyk na wat deur ons vermag is in tye van uiterste isolasie. Ons kan hierdie fruitcake tot ‘n sukses deurvoer, maar dan moet ons besef ons is persoonlik verantwoordelik daarvoor.

Dit gaan nie help om deel te wees van ‘n pot wat te vinnig kook en dan begin brand nie, want dan gaan niemand die plesier daarvan geniet nie. Ja daar is vele individue wat skreeu, “Bid vir die land!” Bid alleen gaan nie help nie ons moet elkeen as individu ‘n bydrae maak om ‘n positiewe bydrae te maak, beslis nie geweld nie. Hier moet ons die voorbeeld stel. Voeg jou positiewe bydrae by die mengsel en help roer. Begin by wat reg is, doen wat eerlik is en behandel die ander gaste soos jy self behandel wil wees. Begin klein deur by die reels te hou, al sien niemand anders jy oortree die spoedgrens nie behoort jy aan jouself verantwoordelik te wees om die regte ding te doen.

Laat ons begin om klein treetjies te gee in die regte rigting sodat ons hierdie fruit cake uit die oond kan haal en sodat almal daaraan kan smul. Soos iemand eens gese het: “Only you can make a difference”. Nie more nie, vandag, nou.

Lekker eet!