Ek is ‘n miljoener!!

My email en selfoon ry lekker op die gravy train!

My selfoon het al miljoene geerf van afgestorwe familie lede wat ek nie ken nie. Ek kon al miljoene ontvang het uit kontant vanaf Irak. As ek wou kon ek ‘n weeskind van Timbaktu se erf porsie bele en as enigiste erfgenaam van ‘n familie lid, wat ek nie ken nie, wat dood is se erflating van miljoene geerwe het.  Die lys gaan aan en aan. Miljarde seg ek jou.

Vandag het die United Nations weereens ‘n vet bedrag aangebied. Man dis lekker om net te ontvang.

Ai hoe spyt is ek darem nou.

Ek kon sommer ou Zumpies se Nkandla vir hom gebou het, dan was hy nie in sulke groot verleentheid nie en sommer tannie Madonsella ‘n groot klomp probleme gespaar.

Vir ou vader krismis , dis nou Juliusssie, ag shame, vir hom sou ek sy tax betaal het en vir hom ‘n graad gekoop het op die web, dan sou hy dalk nie soveel gespot word nie. Het hy en sy bediendes nie pragtig gelyk in die parlement gister nie, reg vir “werk”. Eish my tuin kort ‘n regruk.

Maar, as julle my nie glo nie hier is die bewys. Ek is seker dat die United nations nie sal omgee as ons almal sommer die geleentheid aangryp om te skep nie, dis mos aan al die email gebruikers gerig. Wonner nou net waar gaan hulle al die geldtjies kry as ons almal die aanbod aanvaar.

United nations