Bloedbek spreek weer

Ou Bloedbek wil darem vir sy vasbyter besoekers dankie seg dat hulle steeds inloer al gebeur hier nie veel nie. Ou bloedbek sien net nie kans vir die stadige internetspoed hier in die diep platteland nie. Dis nou die een ding wat ek baie mis is die spoed waarteen alles in die stad gebeur, veral die tegnologie.

Hiermee saam wil ek tog aan Telkom n versoek rig om hulle gatte in rat te kry en vir ‘n slag ordentlike tegnologie na die diep platteland te bring. Telkom se verweer is daar is nie genoeg verbruikers nie, dis bog, skep die infrastruktuur en daar sal gebruikers wees.  Telkom se advertensies is eintlik misleidend.. Hoe kan jy dienste adverteer wat nie beskikbaar is nie. Ek moes letterlik maande wag vir ‘n telefoon, hoekom? Hulle rede was hulle wag vir ‘n ADSL stelsel in my dorp voordat hulle my telefoon kan installeer, sonder om my van die oponthoud te verwittig. Met ‘n argument of twee vind ek uit ons beskik nie oor ADSL nie en my aansoek is teruggehou, maar in dieselfde asem word aan my geseg dis nie koste effektief om die tegnologie hierheen uit te brei nie. Twak man seg ek jou. Dis een geveg wat ek nie gaan wen nie. Selfs al is dit moontlik om verouderde toerusting te skuif na ons toe, maar dit is my siening. Telkom adverteer hoe hulle tegnologie aan verafgebiede uitbrie, maar ek bly mos nie in die “ou Transkei” nie en daarom tel ons dorp nie as diep platteland nie. Dis beslis ‘n politieke ding.

Ja dinge het wel hier by ou bloedbek se tuiste gebeur. Ek trek uit die stad vir die stilte en rus en vrede om net hier in my huisie aangeval te worre, maar ou Bloedbek vat nie kakkie en ta sit nou veilig agter tralies, terwyl ek so ‘n paar vleeswonde lek. Ta was natuurlik op daardie stadium op parool, wat my laat wonder of ou Bloedbek nie ‘n eis van soorte teen die poliste kan instel nie.  Want ons poliieste moet ons mos beskerm, veral as dit kom by reeds veroordeelde misdadigers wat vrygelaat word en toegelaat word om terug te gaan op hul ou wee.

Andersins geniet ou Bloedbek en Liefie die stil lewe hier oppie platteland.

 

 

 

Lewer kommentaar